• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wenke vir die gebruik van 'n prutpot (slow cooker)

Started by PM, May 20, 2013, 11:07:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Indien jy 'n ou prutpot gebruiker is, sal ons baie graag nog idees en wenke wil hoor.  Kom vertel vir ons hoe doen jy dit en as jy 'n gunsteling resep het, kom deel dit asseblief met ons. 

Die sleutel tot heerlike prutpotkos?  Hier is 'n paar wenke.

Die temperatuur van die pot moet ten minste 165 grade  F wees.  Die meeste prutpotmodelle se laagste stelling is 200 grade F.
Vleis en groente moet altyd teen kamertemperatuur wees wanneer dit in die pot geplaas word.  Moenie gevriesde voedsel in die prutpot plaas nie.  Dit neem te lank om te ontdooi en gee bakteriĆ« kans om te groei. 
Die vleis moet altyd in stukke gesny word om seker te maak dat dit deurgaar word.
Wanneer jy die vleis eers met koekmeel strooi en dit dan 'n bietjie verbruin, sal dit smaakliker wees en die sous sal dikker wees. 
Om die beste resultate te kry moet die prutpot nie meer as die helfte tot twee derdes volgemaak word nie.
Pak jou prutpot met wortelgroente, soos aartappels en wortels, op die bodem van die pot en dan plaas jy die vleis daarop.  Die res van die groente kan jy pak soos wat gaarmaaktye tipeer.  Byvoorbeeld, eers brokollie, pampoen, blomkool en sampioene bo-op.
Ek skakel my prutpot vir die eerste drie ure op hoog en dan stel ek dit af. 
Moenie die deksel onnodig oopmaak gedurende die kookproses nie.  Vir elke keer wat jy die deksel oplig sal dit 15 tot 20 minute van die kooktyd verleng. 
Dit is nie nodig om die pot te roer nie. 
As 'n mens in ag neem dat lae hitte (200 grade F) en hoƫ hitte (300 grade F) is, sal dit twee maal langer neem om voedsel in die prutpot gaar te maak teen 200 grade F.
Die binnedeel van die prutpot is van keramiek (seramiek) gemaak.  Moenie die bak uithaal en op 'n koue oppervlak neersit nie.  Buffer dit met 'n vadoek of 'n houtplank.
Moet ook nie die pot uit die yskas haal en dit direk op 'n vooraf verhitte basis plaas nie. 
Vet behou hitte beter as water.  Vetterige vleis sal dus vinniger kook as groente.  Sny soveel moontlik van die vet van die vleis af.
Melkprodukte soos room, melk of jogurt moet eers die laaste 15 tot 20 minute by 'n dis gevoeg word.
Wanneer jy 'n gunsteling resep in die prutpot wil gaar maak moet jy onthou dat vloeistof nie verdamp uit die prutpot nie.  Verminder dus die water met plus minus 20 persent. 
Wanneer jy kruie en speserye gebruik, probeer eerder vars produte en gebruik net die helfte van wat jy gewoonlik sou gebruik met konvensionele kookmetodes.
As jy gemaalde kruie en speserye gebruik, voeg dit in die laaste uur van die kookproses by.
Om te weet is om te verstaan.

Terry

PM, ek dink hierdie wenke som als so mooi op vir wanneer jy 'n prutpot gebruik.

Ek het so bietjie gaan soek na idees en resepte en tot my verbasing sien ek toe dat jy nagereg, koeke en terte ook in 'n prutpot kan maak.  Wie sou dit nou kon raai!

Aangeheg is 'n foto van die prutpot brownies resep wat ek in die resepte afdeling op die forum gaan plaas.  Gaan loer gerus!

PM

Ag neeee!!!!  Hoe lus is ek nou vir daai "brownies". 

Baie dankie Terry.  So 'n paar resepte sal handig te pas kom. 

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

jipp, ek het die bestandele gekoop. Ek gaan dit more aand maak.  :dontknow:

:angel12:

Gawelina

Ek maak sop in myne! Heerlike no-nonsense disse wAt selfs ek nie kan offer nie.

PM

Dit klink heerlik Gawie.  Wanneer daardie druk program dit toelaat sal ons graag 'n paar van jou resepte deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My plek geboek. Wonderlike wenke dankie mater. Sal moet vir my weer so gedoentetjie aanskaf. Ongelukkig het my prutter se pot in skerwe gebars toe ek dit op 'n plaat vergeet nadat ons uitgeskep het (die een wat die plaat aangeskakel het daarna, swyg tot vandag toe stom  :icon_bigsmurf:

PM

Dit is nou 'n groot jammerte.  Het julle nie 'n "Cash converter" winkeltjie waar mens tweedehandse goed kan kry nie?
Baie ouens koop sulke goed, of kry dit vir 'n present, vind uit dit is 'n wit olifant en ruil dit vir kontant. 
'n Mens dink omdat dit 'n "vuurvaste" gedoente is dit nie sal kraak nie, maar dit is net potklei as ek dit nie mis het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ongelukkig die res weggegooi. Ons het sulke winkels hier hoor. Baie handig en al oulike dinge raakgeloop daar!

Meraai vannie Baai

#9
My woorde was skaars koud dat ek weer vir ons 'n prutpot moet aanskaf, toe kry ek een persent by Meisiekind. Sy het gekla dat dit haar kos te waterig laat proe en die huishouding het langtand geeet. Toe vertel Gawie my hoe sy haar pot gebruik en stel voor ek gebruik minimum water. Daardie aand toe smul ons te heerlik aan 'n 'roast & groente'. Op haar aanbeveling het ek 'n bietjie worcestersous oor die vleis gegooi en toe sommer 'n vleisblokkie opgelos in die halwe koppie water wat ons ingegooi het as vloeistof. Daar was ook titseltjie kerrie, hoogvol lepel gemaalde knoffel ingewerk. Die hitte was op hoog vir paar uur en toe afgestel na laag. Ons roast het letterlik uitmekaar geval. Die spinasie was apart gaargemaak en die oorskiet het ek die volgende dag pasteie gemaak.



Gisteraand was daar 'n langsous-kerriebrousel in die prutpot se magie :)


PM

Ek het ook een gehad, waar is dit? 
Tussen vloede en treke . . .
Om te weet is om te verstaan.