Author Topic: visvang mei 2013 nr 3  (Read 6600 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
visvang mei 2013 nr 3
« on: May 19, 2013, 05:43:35 AM »
die manne geniet dit steeds



en hier sal wouter wraggies 'n haai uittrek

die volgende 2 fotos het freddie geneem



en gerrit vang toe ook 'n pens en derms




so het ek en piet en peet besluit en stap eers aan voordat die donker ons weer vang daar teen die see soos verledejaar. dan sukkel mens om te klouter oor die klippe en stopme want dis nog hoogwater en die strand is toe onder die water. ons stap na waar die trappies teen die duin afkom en piet is eerste om in te gooi. hy trek toe 'n 1,6 kg pens en derms uit



ons ander gooi ook daar en die ander 4 manne kom later daar aan gestap en gooi ook daar tot donker en verder vir die res sit ons gereedskap net vas en breek af.

teen donker tyd stap ons maar die bult se 205 trappies op en gaan huistoe.
dis na betragting tyd soos freddie se kiekie hier wys



en kosmaaktyd



saterdag het ons voor op die plat banke gaan staan tydens laagwater. gerrit het darem 1 pens en derms gekry. toe die water ons daar terug jaag het ons eers 'n broodjie genuttig voor ons die lang pad terug gevat het. ek gooi my toe plat om te slaap vir so 3 minute. freddie dink toe dis goed om dit af te neem.



een van die 1000 de stompe wat deur die jare daar uitgespoel het.

 


ons het toe op 'n ander plek so halflyf in die water gaan staan om ons geluk te toets maar dit het nie gewerk nie, net nat geraak, maar dit was lekker




die huisies onder teen die see is maar erg koud in die winter want hulle kry nie son nie. die voordeel is dat jy teen die water kuier.



en toe is dit weer die bult uitstap. die keer nie trappies nie maar so steil sement paadjie

so lyk dit van bo af ondertoe



die paadjie stop reg ater die swartdak huis hier onder



daar voor waar die skuimbranders aan die regterkant van die foto is het ons met laagwater op die plat banke gestaan en ons geluk probeer.



ons het die middag weer met hoogwater ons geluk probeer maar niks gekry nie. hoekom hentiesbaai to ery om niks te vang as ons sommer hier naby ook niks kan vang nie.

ons het in hierrie huis gebly



en hier drink ek 'n lekker snytjie brood na die dag se oefening




dis alweer braaityd



so het dit aand geraak en die einde van 'n heerlike lang naweek teen die see.

word vervolg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 3
« Reply #1 on: May 19, 2013, 04:57:35 PM »
Dankie vir die deel AB.  Ek kan sien julle het dit gate uit geniet. 
Om te weet is om te verstaan.