• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die lange dae (sonder jou)

Started by PM, May 15, 2013, 04:24:47 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Die lange dae (sonder jou)
 
Die tyd se sleepspoor
wat lange dae aan mekaar bly bind,
rek lang skadus oor my uur.
 
Hier waar  ek jou beeld
tussen trae wysers
van my horlosie soek,
kringe in eindelose tog
draai wetend my verlange
in rondomtalie-ure vas.
 
Ek hunker na die losmaak
van tyd se knope.



© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Eerstens wil ek vir Cornelis en julle almal se:
Ek is gladnie 'n taalkenner nie.  Ek is ook nie 'n digter nie.  Ek skryf my skriwwels en that's that.
Elkeen doen en skryf na sy vermoe.
Goed, wat ek sou doen:

Die lang dae (sonder jou)   of sommer net   Sonder jou...

Die tyd se sleepspoor
wat lange dae aan mekaar bly bind,
rek lang (en hier het ons weer die woord 'lang') skadus oor my uur.

Sou ek doen:

Tyd se sleepspoor,
wat dae aan mekaar bly bind,
rek soos aandskadus oor my uur

Hier waar ek jou beeld
tussen trae wysers
van my horlosie soek,
   - kringe in eindelose togte -
draai wetend my verlange
in die uurwerk vas

Ek hunker na die losmaak
van tyd se knope
(tog voel ek hier kon nog iets bygekom het.)



elle

PM

Cornelis het gevra dat ons sal skaaf en skuur.  Ek hou sommer baie van jou voorstelle.  Hoop regtig die ander ouens wil ook kom saam poets en vernis, soos Adéle dit stel. 
Om te weet is om te verstaan.