• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bittergal

Started by PM, May 27, 2011, 08:15:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Bittergal 

Ek sien die lig agter my in die tonnel
gooi gru skadus teen die mure.
Bedolwe onder die puin van emosie
kyk ek beneweld na my hande:
stomp afgekap.

Ek hoor hoe skimme uit die verlede
waarskuwings vir die toekoms roep.
Paniek en angs verdring my rede;
vorentoe lê verskuil
in diepe duisternis.

Ek voel die trane brand
van magteloosgebonde.
Vrees gryp my in sy kake
en verdrink my vrede,

want

Hardkoppig klou hardnekkig
om jou te verwoes,
rebellie so pynlik – weergalm -
om almal mee te beproef.

Ek vra wanhopig wat die toekoms is
van 'n ongebore kind - onskuldig,
as die phatos van jou verlede,
geen lig werp, op sy pad?

Kon jy maar net "ek haat dit"
met "ek lief dit" vervang,
om jouself van die bitter kelk
van miseré te red; sou die torsie
van ligstrale - vertel van mooi verhale.

Ek besef die omvang van sake
en binne my swymel, die wye see ...

Die gal stoot wrang in my op.

Luister hoe oer-ou-skimme
waarsku teen die toekoms ...
vorentoe lê verskuil
in diepe duisternis.

Paniek en angs verdring my rede ...
Om te weet is om te verstaan.

PM

260 keer gelees, geen kommentaar? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek laat my kop in skaamte sak. Hierdie ene NOOOOOIT gesien of raakgelees nie. Dit is seerseermooi PM.

PM

Dankie Raaitjie.  Wys jou maar net weer, ons dink altyd hier is niemand nie, maar hier is 'n hele paar ouens wat lees en verbygaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Is so! Het jy ook al ondervind dat jy druk op die skakel om te wys watter pos nog nie gelees is nie, dan sien jy 'n hele ry maar as jy weer wil kyk, dan wys daar niks nie?

PM

Ja, maar as jy dan op die skakel net onder dit druk, dan kry jy dit weer. 
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Ek verbeel my Langenhoven het ook 'n Broloks en Bittergal storie of gediggie geskryf. Ek sal moet gaan Google.



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Oeps, dit klink net soos Skoonlief wat in die grot lê en kyk wat Broloks bak en brou.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Brolloks en Bittergal
wonderstories vir die kindertjies
2de uitg.
C. J. Langenhoven ; met illustrasies deur Cora Coetzee.
Published 1977 by Tafelberg-uitgewers in Kaapstad .
Written in Afrikaans.
Table of Contents
Kapokkie.   
Die eensame huisie.   
Die houtboskinders.   
Bertie van die Groot Karoo.


:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Se voet!  Vir klein kindertjies?  Dit gee my nagmerries!  Brolloks vermoor Skoonlief se ouers dan ontvoer hy haar na 'n grot tot sy goot genoeg is om vir hom te werk...   Eish!
Om te weet is om te verstaan.