Bittergal
Ek sien die lig agter my in die tonnel
gooi gru skadus teen die mure.
Bedolwe onder die puin van emosie
kyk ek beneweld na my hande:
stomp afgekap.
Ek hoor hoe skimme uit die verlede
waarskuwings vir die toekoms roep.
Paniek en angs verdring my rede;
vorentoe lê verskuil
in diepe duisternis.
Ek voel die trane brand
van magteloosgebonde.
Vrees gryp my in sy kake
en verdrink my vrede,
want
Hardkoppig klou hardnekkig
om jou te verwoes,
rebellie so pynlik – weergalm -
om almal mee te beproef.
Ek vra wanhopig wat die toekoms is
van ‘n ongebore kind - onskuldig,
as die phatos van jou verlede,
geen lig werp, op sy pad?
Kon jy maar net “ek haat dit”
met “ek lief dit” vervang,
om jouself van die bitter kelk
van miseré te red; sou die torsie
van ligstrale - vertel van mooi verhale.
Ek besef die omvang van sake
en binne my swymel, die wye see ...
Die gal stoot wrang in my op.
Luister hoe oer-ou-skimme
waarsku teen die toekoms ...
vorentoe lê verskuil
in diepe duisternis.
Paniek en angs verdring my rede ...