Author Topic: My verloofde kritiseer my altyd.  (Read 11634 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
My verloofde kritiseer my altyd.
« on: May 13, 2013, 09:33:37 AM »
Brief

Beste Pieternel, ek en my verloofde gaan nou al twee jaar uit.  Ons het altwee klaar gestudeer en het goeie werk.  Volgens my is dit nou tyd om te trou en ek wil baie graag 'n baba hê, maar hy voel dat ek op 25 jarige ouderdom, nog te jonk is en hy sê ons moet nog eers ons lewens geniet voordat ons so 'n groot stap neem.  Hy kritiseer altyd my kleredrag en my haarstyl.  Ek het hom al gevra om saam met my winkel toe te gaan om die klere te koop waarvan hy hou, maar hy het altyd 'n verskoning.  Hy wil ook nie vir my sê van watter haarstyl hy hou nie.  Hy komplimenteer altyd my vriendinne, maar as ek dieselfde styl toepas dan hou hy nie daarvan nie.  Wat dink tannie moet ek doen?  Ek is regtig lief vir hom en wil graag met hom trou. 

Antwoord

Ek dink jy moet gaan sit en mooi dink oor jou situasie.  As hy regtig lief is vir jou dan sal hy jou aanvaar vir wie en wat jy is en dan het kleredrag en haarstyle niks met die liefde te doen nie.  Jy sal vir die res van jou lewe na sy pype moet dans.  Dit klink vir my asof hy nog nie volwasse genoeg is om 'n man vir jou en 'n pa vir jou baba te wees nie.  As jy nie kans sien om te wag totdat hy volwasse genoeg is nie, en dit klink nie vir my asof dit gou sal gebeur nie, moet jy maar die verlowing verbreek en ander weivelde soek.  Kry vir jou iemand wat lief is vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.