Author Topic: moedersdae  (Read 1839 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
moedersdae
« on: May 11, 2013, 07:27:48 PM »
ek hoor dit is more moedersdag ... ek het daarsonder grootgeword ...  :toothy4:  die dag, nie die moeder nie ... maar by ons was dit meeste dae in die jaar moedersdag, en alle ander dae ook, vadersdag, kinderdae ...  :love7: 
oupa en ouma dae was daar ook nie want daar was ook nie kleuterskole waarnatoe hulle moes gaan nie   :icon_study:   ons het maar by hulle gaan kuier soveel as wat ons kan ...   :coffee2:  in die tyd wat petrol nog soveel sente per gelling gekos het en ons nog -redelik- veilig kon ry, selfs snags.   :hello: 

more is ’n moedersdag

eenkeer elke jaar
onthou ’n groepie kinders dit,
gryp hul die geleentheid aan
om haar met ’n vreugde-ontbyt,
koue pap en gebrande eiers,
en grootblink ogies, te bederf

haar trane is hul beloning
haar liefde hul verskoning
haar kloklaggie hul verering

saam-saam kuier hulle ure om
van ontbyttyd tot laatdag toe,
pa en manlief se hart
tot barstens toe vol geluk-en-trots

elders
eenkeer elke jaar
onthou ’n groepie kinders dit,
gryp hul die geleentheid aan
’n perfekte ontbyt te berei
of haar uit te neem na waar
’n tafel beplan en bespreek is

haar geoefende glimlag
haar lippe met ’n servet geklad
haar formele ‘dankie, ek waardeer’
stel hul tevree’
hul plig gedoen

en pa en eggenoot
se blomme en goue kaartjie
vanuit sy lugversorgde kantoor,
is nog ’n onthoudatum
op ’n sekretariële pligstaat

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: moedersdae
« Reply #1 on: May 12, 2013, 01:53:34 AM »
Pragtig.
En dan is daar die moeders wat vergete (?) in tehuise wag en wag en wag... terwyl hul kinders saam met hul vriende baljaar langs die braaivleisvuur. Of rondom tafels belaai met kosse in restaurante kuier.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moedersdae
« Reply #2 on: May 12, 2013, 09:58:43 AM »
En dan is daar die kinders wat hartseer smag om 'n drukkie aan 'n mamma te gee wat nie meer daar is nie. 

Love your parents
and treat them with loving care
for you will only know their value
when you see their empty chair. 
(Van die poskoetsie afgeval.)
Om te weet is om te verstaan.