• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Aanlyn koerante..

Started by Angelica, May 11, 2013, 07:32:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ek lees al die koerante aanlyn.
Ek koop nie die papierweergawe. Papier is pulp is hout is bome... en ek lief bome.
Het ook nie klein hondjies wat moet leer om nie oral in die huis te piepie en ook nie parotte wat daagliks skoon papier in hul hokke moet kry.
Maar nou het hulle hierdie idee gekry om alles te verander en daar is nie meer 'n opsie om kommentaar te lewer op die berigte.  En die kommentare kan skreeusnaaks wees. 
As jy ouer word, wil jy nie so baie veranderings meemaak nie.  Ja ek weet ons moet bybly, maar hoekom krap aan 'n ding wat werk?
elle

PM

Ek lees ook graag aanlynkoerante, maar ek maak nog hewig staat op koerantpapier.  Ek glo nou maar vir eens dat niks 'n venster so blik kry soos 'n stuk koerantpapier nie en hoe maak jy nou 'n vuurtjie wat nie "stink" nie sonder koerantpapier. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Aanlyn of aflyn - om te ewe vir my - ek lees dit nie sommer nie!!  Die inhoud stink gewoontlik van negatiewe dinge. 

Maar ek gebruik ook graag koerante - op Woensdae word die Tygerburger by ons afgelaai - gratis nogal.  Ons maak hulle mooi bymekaar.
En Theo geniet dit so om op dit te verf.  Ons vou vliegtuiggies en een van die mooi dae gaan ons kites begin maak.


Dit is ook lekker om op die werkstafel te sit as ek skep met dit en dat ...

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ja sien jy nou, 'n mens kan niks met 'n aanlynkoerant maak as jy dit klaar gelees het nie!   :icon_biggrin:  Dit is darem baie handig.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Aanlyn koerante kan mens lek en plak en aanstuur en dis ook al ... wag .. mens kan dit ook aanhaal ... maar dis te suur en naar om aan te haal :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

dis amper soos jare gelede toe al meer mense begin draadloos luister het.
toe is die rvaag gevra wat is die voordeel of nadeel van nuus op draadloos ipv koerant.....jy kan nie 'n vis in 'n draadloos toedraai nie.

PM

Daar het jy dit.   :icon_biggrin:  Ek dink hulle vul mekaar mooi aan.  Dit is darem baie lekker om 'n keuse te hĂȘ. 
Om te weet is om te verstaan.