Author Topic: Kringloop  (Read 2793 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kringloop
« on: May 27, 2011, 07:01:24 AM »
Soos ek deur jou oerwoud van verse stap
sien ek die sonlig yl
in dun strale
deur die dik groen blaremat skyn,
so sif die droeë dooie blare
stadig
deur die roerlose lug om my heen,
om saggies
‘n bruin blaremat
om my voete neer te lê.
Woorde wat niks beteken,
wat stadigaan sal vergaan
om weer langsaam
‘n pad na bo te baan,
om met tyd en geduld
nuwe voedsel te gee
en wie weet,
wat dalk na weer probeer,
dik lote van betekenis
en blomme van seldsame skoonheid dra.

Ek soek nog na 'n mooi titel.  Wie wil help?
« Last Edit: November 21, 2011, 06:50:28 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Kringloop
« Reply #1 on: May 27, 2011, 08:54:00 AM »
Wanneer oerwoudwoorde ontwaak

 :grommit:
« Last Edit: November 21, 2011, 06:50:01 AM by PM »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kringloop
« Reply #2 on: May 28, 2011, 08:52:40 AM »
Hierdie gediggie het sy oorsprong gehad nadat Grevilman,  sy gedig,  Oorvloed,  geplaas het.  

Oorvloed
Gedagtes binne woorde
wat tuimelend val
soos nat wasgoed in die masjien,
noodsaak my om sin te maak
uit die oorvloed
van die oerwoud,
wat dun lote van betekenis
en blomme van seldsame skoonheid groei,
te midde van blaar baldadigheid
wat selfs die mees geharde gedig
dood smoor.

In my gedig, wat ek aan André opgedra het, het ek probeer sê dat tussen die "dik blaarbaldadigheid" tog wel sterk potensiaal is.  "... die sonlig yl..."
Met die regte leiding en oefening kan die beginner leer om sy woorde reg te kies en dan gaan die poppe dans!    :bootyshake:
« Last Edit: November 21, 2011, 06:50:53 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.