• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Respek

Started by Trapsoetjie, May 06, 2013, 08:55:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Respek hoor ek....

Die vroutjie wat hier bly-sonder-betalling skreeu mos vir my nou so die anderdag by die polisie, "I am 51 you must have RESPECT". Duskant van uitbars van die lag, lig ek my Bolnektrui oor my mond en gesig en staar voor my uit.  :icon_scratch: Hoe party mense tog kan reken dat respek met ouderdom sommer van self sprekkend is.  :nono: Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het respek vir ouer mense, dis nou as hulle hul self soos ouer mense gedra....nie soos 'n rooi-rok-onderklere-wat-uit-steek dame van die nag aangaan en skreeu soos 'n viswyf wat haar eiers verloor het nie.....

Nou lees ek weer van 'n jonge dametjie wat, seker maar bietjie vies is, skryf op FB dat die ander dametjie haar op haar naam moet noem en nie kindjie nie. "Het bietjie respek" seg sy.... :icon_scratch:

Respek.....is dit wat nou gegee word of jy dit verdien of nie.


:angel12:

Ah Willa

Mens moet respek verdien -
maar mens moet respek gee om respek te verdien  :snorting:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dalk moet mense leer om 'n ander se respek waardig te wees.  Jy het mos respek betoon toe jy vir haar blyplek gegee het.  Nou is sy dit nie waardig nie.  Nou het jy jou respek vir haar verloor en sy is self verantwoordelik daarvoor.

Ek wens iemand wil my nog "kindjie" noem.  Klink eerder na 'n troetelnaampie as disrespek.   :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.