• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Theo in skool, Troue verby ...

Started by Ah Willa, May 06, 2013, 10:27:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Hallo Almal

Ek behoort nou darem elke dag 'n kuier kansie te kry!!

Troue is verby ...

Theo in die skool

Andre besig om te code

Dexter oorlede - so net 4 van ons eie K9-kids en nog die 3 van die couple wat ons na kyk deur die dag - maar hulle gaan moontlik uit plaas toe ...

baie om in te haal en baie om te deel ...

maar laat ek draf na my huisie PM sit al met 'n kwepper lat gereed om my aan te help    :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

julle ek is so agter met lees en kuier ek sal nooit inhaal nie,
so ek het maar alles as gelees gemerk en sal dan nou opvang soos wat die kuiertjies aangaan.

As ek iets moet lees - sit asb my aandag daarop.

Gedigte nou in myse huise ...
more sal ek net so halfuur tot 'n uur kan kom inloer - maar ek sal hier wees ...

gaste is nou weg - nou moet huisie weer omskep word vir die Truters - ek moet die een kammer omskep in 'n senoriese-gym vir Theo ...

sal later meer kom deel

en van die troue op 'n zero budget wat uitgedraai het soos 'n miljoen dollar troue en so aan en so aan

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dit is regtig erg om so baie ysters in die vuur te hĂȘ.  Ek is bly die troue is verby en dat dit goed gaan met Theo in die skool. 
Ons sal graag wil foto's sien van die troue Wils. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie


PM

Shuuuut!    Hulle is hier iewers, ons speel wegkruipertjie.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Hallo Trappies - ons moet tog mekaar vind vir 'n tee/koffie-date - jy tee en ek koffie ha ha
genade boek twee gaan weer launch - ons kan nie van launch tot launch kuier nie

PM ek sien jou - touch jy's aan ... vroteier - wag ek hardloop gou om die circle ....  :walk:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

 :icon_biggrin: Ek het die aan al vir baie lank.  Dit is nou jou beurt om bietjie te gaan soek waar die ouens wegkruip.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Goed, ek soek na Trappies, sy was laas voor jou hier.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie


PM

Ah, het jou, jy is aan!    :icon_biggrin:  Gaan soek asseblief na WW.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ai julle - gaan my lewe nooit weer simple wees nie ...

so vier week terug was Theo in 'n gly-in-die-stort-ongeluk en 'n gat agter op die kop en 3 staples verder ... NOU IS ALLES DEURMEKAAR en is ons terug by NIKS SLAAP nie en ure rondry om hom rustig te kry ... dit was so 3 maande wat ons ampertjies deur geslaap het na 3 en 'n half jaar van NIKS slaap nie ...

ons moet ook huis verkoop ... trek en alles ...

so ek weet nie wanneer gaan tyd my genadig wees om net elke dag rustig dan kan kom inloer en kuier nie ...

WEET NET, DIS NIE OMDAT EK NIE WIL NIE, MAAR OMDAT EK NIE KAN NIE

en julle is ten spyte van die warboel, in my gedagtes

MIS JULLE ... ek kom loer weer in as tyd my toelaat

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Fransi


Angelica

Ai Willa...  sterkte, girl.
Maar so gaan ons maar om die blok, ne?
Sommige van ons tot twee keer.
elle