• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat 'n klug

Started by PM, May 04, 2013, 08:30:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier waar ons bly, ons kan dit nie "woon" noem nie, was die plek in rep en roer die afgelope week. 
Die toerismeraad het die ouens in kennis gestel dat hulle inspeksie kom doen.  Hulle wou sommer ons kamer se mure kom afskuur en verf terwyl ons hier bly.   Huhhhh!  Ek heg 'n paar foto's aan sodat julle kan sien hoe dit lyk. 
Ek is vreeslik jammer, maar ek betaal nie vir 'n plek waar hulle kom skuur en verf terwyl ek hier is nie.  Wat my aanbetref werk dit nie so nie. 
Maar nou-ja, die res van die plek het 'n vinnige verf gekry, al die mooiste goed is uitgehaal en ten toon gestel.  Ons ken nie die plek nie!
Skoon "smart" hoor.  Alles is gespit en gepolish, die tuin is gevee en die gras is gesny!  Ons het tot sagte wit handdoeke gekry met hulle embleem op geborduur.  Te mooi seg ek vir u.  Te mooi!
Die beddens het mooi "throws" oorgekry en iewers het 'n paar mooi dekorasie-kussings uitgekruip. 
Teen half twaalf vanmiddag pop hier 'n klomp karre op en die mense peul daaruit.  Die plek is sommer stampvol. 
Een uur daag die madame op.  Sy is baie beindruk met die plek.  Man, dit lyk dan so mooi!  Sy neem 'n paar foto's en toe sy weg is kom haal hulle die mooi handdoeke en die res.  Wat 'n klug!
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek probeer my bes, maar ek kry nie 'n foto gelaai nie.  Sal maar weer later probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

 :munky2:  Dis wonderlik wat mense nie alles sal doen en daarmee weg kom nie.  :icon_scratch:

:angel12:

AB

ja, so is daar baie dinge in die wêreld wat 'n klug is en ons weet dit nie.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Hoe moet ek nou hier bly terwyl hulle al die gemors afskuur en oor verf. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En ek sien alweer niks.  :dontknow: :crybaby2:  Weet nie wat de drommel met my tikker aangaan dat dit siende-blind is nie. My mond het oopgehang toe ek lees hoe mooi hulle kom opdollie en dan weer wegneem! Dit is so goed soos 'n gedokterde foto advertensie. Weet my skoondogter het vir 'n maatskappy in Brisbane gewerk waar sy die lelike dele moes 'weg toor' met haar grafiese kwas.

Naas

Ek hoop hulle het die Verf oppie mure gelos.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit was ons "rondjaag-dae" of moet ek sê jare.  Daar was baie goeie tye, soos toe ons in die Kaap was, maar daar was baie ongemaklike ongerieflike tye ook.  Gelukkig is ons nou kalm en rustig. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

"Kalm en rustig"... Ek hoop nie Hannes kweek omkykgras in die agterplaas nie...  :nono:



Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Natuurlik kweek hy, dit is mos nou wettig.   :icon_biggrin:
Ons moet dit net in die kweekhuis hou, want al wat 'n bobbejaan is wil daarvan hê.  Het jy geweet 'n koedoe is mal daaroor, en rissies, jy kan nie waag om dit buite te hou nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Sou nooit kon dink diere hou van brandbek nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Kan jy nou meer! Ek ook nie geweet daar is brandbekliefhebbende diere nie. Ek is selferkende twee-been-ene en my kinders NOG meer.

Assie

Oupa is mal oor rissies. hoe sterker hoe beter. Hy se dis Soos daai SASOL petrol. Dit brand jou hele gestel skoon van die tande tot die uitlaatstelsel.
Ek mag nie skinder nie maar as hy so rissies geeet het sit hy die aand toiletpapier in die vrieskas.



:mumum: