Author Topic: Dr Phil  (Read 5201 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Dr Phil
« on: May 03, 2013, 09:34:07 AM »
Liewe Dokter Phil, help asseblief

My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek is ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.

Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook. Net daar begin my probleme. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is.

Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie.

Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie!

Dokter moet asb help, Wie defok is ek nou eintlik?


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dr Phil
« Reply #1 on: May 03, 2013, 10:55:58 AM »
Liewe skrywer, Dr. Phil het my gevra om aan u te skryf en te vra dat u en u hele familie aanstaande Maandag by sy spreekkamer moet aanmeld vir die nodige bloed- en DNA-toetse. Dit sal 'n rukkie neem, maar hy belowe na die toetse sal hy presies vir jou kan vertel wie jy en sommer die res van die fandammelie ook is.  Moenie stres nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dr Phil
« Reply #2 on: June 26, 2015, 11:20:13 AM »
Vra ek jou met die hand op die hart, waar in die lewe gaan jy humor tussen ABC vrinne raaklees soos hier?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dr Phil
« Reply #3 on: July 01, 2015, 12:38:06 PM »
Vra jy my!   :icon_biggrin:  Ek is oortuig daarvan dat ons almal weer een van die mooi dae gaan saam kuier. 
Om te weet is om te verstaan.