Author Topic: Een-oog  (Read 2629 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Een-oog
« on: May 02, 2013, 11:50:49 AM »
So land Een-oog en sy vrou, Groot-oog daar op Oom Herman Vaaljapie se plaas, daggafontein.
 Oom Herman kyk daai driebeen-gedoente van ‘n ruimteskip net so een keer en roep vir tant San uit die kombuis uit nader.
“Ou vrou, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar smaak my die Russe het so bietjie aan hulle vliegtuie gewerk.”
Hulle gesels nog so, toe klim Een-oog en sy vrou uit die ding wat soos ‘n halfgerookte sigaar lyk.
“My hemel, maar die Russe lyk darem altevol asof hulle van ‘n anner planeet af kom.” Antwoord Ta’ San.
Een-oog se rekenaar vertaal alles vir hom en hy kry sommer dadelik die mooi aardse taal onder die knie.
“Vrede! Aardbewoners. Ons kom van die planeet Zqwer en is gestuur om uit te vind hoe dinge hier op julle planeet gedoen word.”
“Maar my maggies vriend, kom in. Bring sommer jou metgesel saam. Ons kan mos nie hier staan en ongesellig wees nie. Kom drink ‘n koppie sawwelyf saam met ons dan sien ons hoe ons julle in julle opdragte kan help.”
Die volgende paar dae raak vir Oom Herman en sy vrou baie besig.
Hulle leer vir Een-oog en sy vrou van boerdery. Hulle leer hulle van jag. Hulle leer hulle kosmaak ens. ens.
 Hier na ‘n week toe kan jy nie meer agterkom dat Een-oog of sy vrou van ‘n ander planeet af kom nie. (behalwe natuurlik as jy hulle in die oog kyk.)
Een-oog skiet net so goed soos Oom Herman. Groot-oog bak net sulke lekker melkterte as Ta’San.
Om die waarheid te sê die vier is so gemaklik met mekaar, hulle kon net sowel familie gewees het.
Een oggend merk Oom Herman dat Een-oog en sy Vrou baie gespanne is en dinge wil maar nie lekker vlot aan die ontbyttafel nie.
“Wat pla julle?” Wil Oom Herman van sy planitêre buurman weet.
“Ai Herman, ek weet nou nie hoe om dit te sê nie…”
“Man, ons is mos darem nie meer vreemdelinge nie. Kom sommer reguit uit daarmee.”
“Herman, jy en Ta San het vir my en Groot-oog so baie beteken dat ons nie weet hoe om julle te bedank nie. Ons moet egter more oggend vroeg terug na Zqwer omdat Zqwer dan op sy naaste aan die aarde sal wees.”
“Ai Buurman, wat vertel jy my nou? Ek en Ta’San gaan julle mos vreeslik mis.”
“Julle was baie goed vir ons en het ons soos eie familie ontvang en alles geleer wat julle kon. Ons is dankbaar daarvoor. Daar is egter nog een ding wat ons by julle moet uitvind.”
“Wat sal dit wees? Sê net en dit is so goed soos gedoen.”
“Ons moet nog julle menslike teelmetodes ondersoek en die beste manier gaan wees as ons nou vanaand vrouens ruil.”
“Ja. Dis nou vir jou ‘n ding.” Frons Oom Herman. “Ek sal dit darem eers met Ta’San moet bespreek.
So het Oom Herman en Ta’San dit uit alle hoeke uit bekyk en bespreek en besluit dat hulle dit ter wille van navorsing en wetenskap tog maar so sal doen soos Een-oog voorgestel het.
Die aand ruil hulle toe nou om.
Toe Ta’San nou vir Een-oog wil touwysmaak kom sy agter dat die Zqwerien se gereedskap lelik te kort gaan skiet en sy sê dan ook vir hom so.
Toe kom die verduidelikking van sy kant af. Blykbaar is dit by hulle die vrou se voorreg om te kry wat sy wil hê. Al wat Ta’San moet doen is om sy ore te draai. Linkeroor vir langer en korter en regteroor vir dikker en dunner. Ta’San het toe so gemaak en was toe op die ou end heel tevrede met die eksperiment.
Die volgende oggend sit sy en Oom Herman op die stoep en kyk hoe die Halfgerookte sigaar die ruimte in verdwyn.
“Hoe het jy toe laasnag met jou en Een-oog gegaan?” Wil Oom Herman weet.
“Nee wat, nie te vrot nie en jy met Groot-oog?” Vra Ta’San
“Nee my vrou. Dit was nie te sleg nie. Maar my ore is nou nog seer soos sy aan hulle gedraai het.”

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: May 02, 2013, 12:00:05 PM by Aspoestertjie »
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Een-oog
« Reply #1 on: May 02, 2013, 11:54:21 AM »
 :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Een-oog
« Reply #2 on: May 02, 2013, 12:07:07 PM »
Assie, jy moet ophou my baardmannetjie gebruik.  :nono: :nono:
Hou van jou storie. Mag ek dit maar op Perskewang gaan sit?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Een-oog
« Reply #3 on: May 02, 2013, 12:59:31 PM »
Ai Assie, lees ek dit nou vir Omatjie Trappies voor, wat 'n gelag....Sy het dit so geniet net soos ekke.

 :angel12:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Een-oog
« Reply #4 on: May 02, 2013, 01:14:03 PM »
Skiesie Oom Naas. Maar Oom Herman het so 'n Wit baard en een-oog is mos blou gewees.

Dankie Tannie Trappies.


 :mumum:

Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een-oog
« Reply #5 on: May 02, 2013, 02:37:49 PM »
Wys jou nou net hoe belangrik is kommunikasie.   :icon_biggrin:
Nog 'n woord met al die klinkers in.
Om te weet is om te verstaan.