Ek was vandag see toe. windguru het voorspel die see gaan plat wees, hulle het gepraat van so 1,4 meter deining en 10 sekondes tussen die deinings.
so iets ken ons nie juis hier nie
Groot wa smy verbasing toe ek by die hawe in Grdonsbaai ( harbour island) kom en sien die see is nog platter as voorspel.
die foto is in die hawe geneem. plat water in die hawe

en die baai was ook plat, net so effense deining

ons het so 10 minute met die rubber boot gery tot iewers in die middel van nĂªrens. die mense wat weet het gelukkig geweet waar om te stop. ons het ons duikgoed aangetrek en in die water geval en af gegeen, tussen 15 en 17 meter diep.
diet het ons onder gesien. featherstar

en dit ook
rooi seafan


daars vreeslik baie van hierdie featherstars.

dis 'n rif wat die mense ontdek het in desember en hulle is die enigste wat nog daar geduik het en die was die 5 de duik daar op die rif. emns kan sien daar is nog geen skade aan die rif gedoen nie. niks is versteur nie.
daai swart see ster is 'n brittlestar

2 stukkies spons met nog brittle stars.

die water was nie baie skoon nie maar steeds was dit heerlik

nudibranch...soort naakslak



hier is 'n spons met 'n basketstar aan die anderkant en sy bene kruip oor die kant toe

hier kan jy sien hoe lyk die basketstar

nie 'n baie duidelik foto nie, die seestroom het my bietjie rond gewoel. ek dink dis 2 x gasflame nudibranc




dis die meeste seesterre wat ek nog bymekaar gesien het.

lyk soos die veld se plante of blomtuin


na 35 minute het ons begin koud kry, 13 grade gewees. sommige van ons luk het ook min geraak. die vrou is saam met my en nog 'n man eerste op pad terug boontoe. sy het eintlik 'n geel duikpak aan maar dit vertoon anders onder water. ek het nei 'n flits of flash gebruik om af te neem nie. as jy met 'n flits kyk na die goe dkom die regte kleur mooi helder uit.

toe ons bo kom was die water nog platter as voor ons ingegaan het

hier kan jy sien wat die regte kleur van die vrou se duikpak is
kyk net hoe plat kan valsbaai raak
