• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Genade

Started by Ans Botha, May 01, 2013, 01:29:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

GENADE

as die son se strale
oor die bergtoppe straal
en die nag
maak plek vir ‘n nuwe dag

dan kom verlange weer
soos ‘n diepe seer
wat nooit die wyk wil neem
wat maar altyd kom
weer en weer

want U o Heer
het gegee
en U het geneem

in nanag se kou
is ‘n wonderwerk gebore
in vroeë oggendou
was ‘n wonderwerk verlore

verlange om jul
in my arms toe te vou
om jul te koester
en met my liefde te omvou

as die son se strale
agter die bergtoppe verdwyn
en die dag
maak plek vir ‘n nuwe nag

dan o Heer
vra ek vir berusting
smeek om genade
en vir aanvaarding

PM

Dit gee my hoendervleis en laat my kopvel kriewel Ans.  Baie mooi geskryf.  Ek sleep dit solank boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha


Angelica

Knop in my keel, Ans.

Ek weet nie of ek dit dalk verkeerd lees:

'en die dag
maak plek vir 'n nuwe dag'

elle

Ans Botha

Reggemaak vriendin, ja jy is reg dit moet wees soos dit nou is. Weet nie hoe het dit ingesluip nie, ek het dit al reggemaak! Nog voor ek dit geplaas het! Seker maar die internet DUIWEL.

Ah Willa

"snak na asem - sal later kom WOW se .... terwyl ek my asem probeer terug kry wonder ek hoekom die mooiste mooi altyd uit die seerste seer gebore word?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dit is werklik 'n mooi gedig en dit het 'n plekkie in die boek gevind toe niemand gekyk het nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Waar wat jy daar sĂȘ Wila daar is baie min van my gedigte wat ek skryf sonder hartseer en pyn.

Ah Willa

Drukkie vir jou PM - die boek het die mooiste mooi in - ek hoop die leser sal besef dat baie eina's was wat geboorte gegee het aan die mooiste mooi

Ans - gelukkig het jou seer jou nie laat ophou om ons Vader te eer nie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ans Botha

Willa (nou reg) sonder my Vader sou ek nie vandag hier gesit het nie, of sou ek nie vandag kon lag nie, ek sou 'n lewendige lyk gewees het. Ek glo ook nie dit sou vir my lekker gewees het om ander te help as ek nie my God in my lewe gehad het nie. My Vader het my aan die lewe gehou, het my weer hoop en liefde gegee.