Author Topic: Blinkvosperd  (Read 1996 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Blinkvosperd
« on: May 01, 2013, 08:18:34 AM »
Oupa sê mos altyd: “Wanneer jy neus innie lug op die vosperd pronk vertrap jy ongesiens die lewe onder sy hoewe.”
Oom Hans bly op die plaas ‘Familie se moer’. Die plaas grens aan die Ka’sienou hoe my geld verdwyn. As jy op sy stoep sit hoor jy hoe die gelaaide dobbelstene roep. Klim oor die heining en jy word omsingel deur vriendelike eenarmrowers wat oopbek vir jou kredietkaart wag. Reg om elke greintjie vet uit hom uit te suig. Hulle klingelliggieliedjies sing “Trek nog een keer aan my arm dan maak ek dalk al jou drome waar.
Oom Hans lewe van oes tot oes. Kuier en onthaal sy vriende in Miekenos. Vergroot sy huis om beter te onthaal.

Op die dorp loop ek en Oupa vir Oom Frederick raak. Hy is op pad kerk toe om te gaan reëlings tref dat sy ouers se oorblyfsels in die muur van onthou by die kerk geplaas word. Dit was sy ma se laaste wens.
Hy vertel ons opgewonde oor die ekstra werk wat hy gekry. Hy kan na ure werk en naweke ook. Dit gaan soveel makliker wees om die bybetaling op sy ma se hospitaalkostes te maak en nou kan hy darem ook die nissie in die muur van onthou bekostig. Hy verduidelik ook dat hy net soveel naweke hoef te werk dan is die begrafnis se lening ook afbetaal. En, gaan hy opgewonde voort, as hy klaar al die geldjies betaal het wil hy sy ekstra werkie se geld spaar sodat hy darem sy vrou, wat so mooi na sy ma gekyk het, vir ‘n welverdiende vakansie kan vat.
Oupa wil weet waar hulle vakansie gaan hou.
“Nee wat”, sê Oom Frederick, “ons sal seker maar in die karavaanpark in die Baai ‘n tentjie gaan opslaan vir ‘n paar dae.”
“Wat sê Hans? Kan hy nie help nie?” wil Oupa weet.
“Nee Oom, Hans het maar sy eie probleme met die nuwe vrou en stiefkinders. Oom weet mos. Hulle het maar moeilik op die plaas. Hy is baie besig met die oesery en so aan. Ek wil hom nie verontrief nie. Gelukkig het ek nou die ekstra werkie en kan ek dit vir ons almal makliker maak.”
So groet ons en oom Frederick is vort na die kerk vir sy reëlings.

Op Pad Huis toe sing Oupa:
“O ek het ‘n perd
‘n blinkvosperd
En ek sukkel om hom te betaal.
Want die bank het gesê
As ek hom wil hê
Moet ek hom self betaal
Maar ek ry alleen op my perd,
My blinkvosperd
Want ander sal betaal.”

©

 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Blinkvosperd
« Reply #1 on: August 14, 2018, 08:37:05 PM »
541 keer gelees sonder komtaar.
Laat mens drink ne.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Blinkvosperd
« Reply #2 on: August 14, 2018, 09:22:12 PM »
Ek weet presies hoe dit voel.  Skuif op, dat ons saam daaroor kan nadrink!  Van my gedigte is oor duisend maal gelees, en handvol kommentare!  Woes was 'n woeste plek.  MAAR ... daar het mense darem meer voetspore gelaat, hoor!  RE jou Blinkvosperd.  Vat dit fyn saam.  Ek het ook sulke 'stomme sukkelende boere' in die familie.  Wat mens ook maar laat voel in honger dae kan jy hulle nie ook nog boonop 'verontrief' met noodsaaklikhede nie. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Blinkvosperd
« Reply #3 on: August 14, 2018, 11:01:46 PM »
Hierdie ene het ek in alle eerlikheid vanoggend eers bewus van geraak  :crybaby2: Hier is soveel wysheid, kreatief vasgevang dat ek amper voel mens moet jou skoene uittrek en jou hoed teen jou bors hou. Sela.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Blinkvosperd
« Reply #4 on: August 15, 2018, 02:49:35 AM »
Mens kan nogal wonder waarom was Woes so besig en daaroor debateer. Maar ek wonder of daardie besig nie juis oor selfbeeld gegaan het nie. Dit is mos maar moeilik om 'n hogere standaard te stel en daarby te hou sonder om uit te brand.
Ek persoonlik hou my nie graag besig met mense wat hoog vlieg nie want die val is gewoonlik groot en as ek dan nog onder staan... Wel, wie kry dan die seerste? Die een wat val of die een op wie geval word?
Ons is dalk nie aan die brand besig nie maar omgee en liefde loop diep.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Blinkvosperd
« Reply #5 on: August 15, 2018, 05:41:16 AM »
Ons is dalk nie aan die brand besig nie maar omgee en liefde loop diep.

Amen!

 :notworthy:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Blinkvosperd
« Reply #6 on: August 15, 2018, 07:21:44 AM »
Dis waar, Naas.  Ek was natuurlik in die 'hay days' lid, van die afloop en uiteindelike tot niet gaan (en ek is seker, die politiek wat seker daarmee saamgegaan het) het ek geen idee nie.  Ek is ook tevrede hier, moet my nie verkeerd verstaan nie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Blinkvosperd
« Reply #7 on: August 15, 2018, 07:30:48 AM »
Self ook baie tevrede net hier op die forum. Ons het 'n plek nodig waar ons kan kom leegmaak, wegkruip, lag en kuier. Soms steen en been kla (dink ek nou aan Anton hulle se weenhoekie lol).