Author Topic: Lekkerdraai  (Read 8039 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Lekkerdraai
« on: April 29, 2013, 11:07:50 AM »
Die volgende was my pa se gunsteling om my dogter mee te vermaak.

Klein Katryn van Lekkerdraai
het akkers vol pampoen gesaai
Toe sy kom om dit te maai
Het die wind die akkers weg gewaai.

Ek gaan Google toe om te sien of ek die ware Jacob kan opspoor maar die volgende is die naaste wat ek daaraan kom. (Skrywer onbekend)


Oom Tys de Beer van Lekkerdraai
Het akkers vol pampoen gesaai

Maar wat Oom Tys moes bitter kla,
want ai; die bobejane pla!

en werskaf in sy landery
Hy kon hul nie in die hande kry

Hoe hy bedink, hoe hy besin
Neef Kees is vir oom Tys te slim.

Oom Tys bly dink vir dae lang
Hoe om die vuilgoed tog te vang

En kyk daar kom die slimme man
Met ‘n alte gawe plan

Hy vat ‘n mooi groot boerpampoen;
en wat dink julle gaan hy doen?

Hy sny ‘n gat na binnekant
net groot genoeg vir Kees se hand

Toe gaan hy agter ‘n krielbos wag
En sê: “Vandag gaan ek lekker lag”

Kees kom. Hy steek sy handjie in;
en sê: “Maar hoor, dis na my sin”

Hy maak sy hand met pitte vol
Toe word dit nes ‘n krieketbol

Maar toe hy op sy blyste was-
toe vind hy uit sy hand sit vas!

Oom Tys kom met sy kweperlat
En slaan hom oor sy linkerblad

Kees smeek en soebat in sy taal
Maar wat; oom Tys is hard soos staal!

Hy slaan oor lyf en kop en poot
En toe skiet hy arme Kesie dood


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lekkerdraai
« Reply #1 on: April 29, 2013, 03:56:34 PM »
Dankie Naas, dit is altyd lekker om 'n nuwe ou dingetjie hier raak te lees.  Dankie vir die plaas hiervan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Lekkerdraai
« Reply #2 on: December 10, 2015, 01:09:39 PM »
Die ken ek van Sub A af. Ons juffrou het ons dit gelees en geleer. Elke Vrydag 'n versie tot ons dit had ken. En ek het arme Kees so jammer gekry. Naas sien ek jou kniel agter daai krielbos ... :icon_biggrin:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lekkerdraai
« Reply #3 on: December 10, 2015, 01:28:17 PM »
Dit gee my 'n goeie plan om die bob-jane daar by ons die skrik op die lyf te jaag.  Gelukkig mag niemand daar skiet nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekkerdraai
« Reply #4 on: December 14, 2015, 04:33:45 AM »
Saam gelees en baie geniet.