• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naas se Tru-vers gedigstruktuur

Started by PM, May 26, 2011, 09:16:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

PM het Naas se gedigstuktuur gaan uitgrawe, want dit is lekker om daarmee te speel.  Dankie Naas. 

Tru-vers

Die tru-vers is ‘n skepping van Naas. Die gedig het rigiede rym en versreël herhaling.

Die Tru-vers bestaan uit 5 verse en die rym en herhalingskema is as volg.

A1
B1
A2
b

c
a
c
A1 (Eerste reël van vers een herhaal.)

d
b
d
B1 (Tweede reël van vers een herhaal.)

e
a
e
A2 (Derde reël van vers een herhaal.)

b
A2 (Derde reël van vers een herhaal.)
B1 (Tweede reël van vers een herhaal.)
A1 (Eerste reël van vers een herhaal.)

Voorbeeld:

Vrae?

As ek maar net weer...
As ek weer tussen hoë bome deur kon loop
sou ek my les wel leer
en die lewe pak met hoop?

Hoë bome langs die pad na ‘n oop graf.
Bome wat die stormwinde breek
keer die slegte van my af.
As ek maar net weer...

Hoe graag sou ek dinge anders doen?
Sou ek my pen in verstaan en vriendskap doop?
Sou ek pleks van veg, versoen
as ek weer tussen hoë bome deur kon loop?

Aan die einde van nog ‘n leeftyd
loop ek tussen hoë bome deur.
Was die graf nie so oop en wyd,
sou ek my les wel leer?

Is daar vir my nog hoop?
Sou ek my les wel leer
as ek weer tussen hoë bome deur kon loop?
As ek maar net weer...
Om te weet is om te verstaan.