Author Topic: skinny dip  (Read 4255 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
skinny dip
« on: April 24, 2013, 05:02:22 PM »
op 'n ander forum was die vraag gevra wie het al geskinny dip

wat is julle antwoorde?

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: skinny dip
« Reply #1 on: April 24, 2013, 05:41:53 PM »
O aarde neeeee...  hopeloos te skaam.
Ek skinny dip in die bad wanneer ek by 'n plek kom sonder stort.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: skinny dip
« Reply #2 on: April 24, 2013, 06:31:51 PM »
ek het so paar skinny dip stories, sallater deel met julle.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: skinny dip
« Reply #3 on: April 24, 2013, 07:18:08 PM »
Nee ek het nog nooit of wag nee ek het al in my eie swembad laat nag saam my beterhelfde geskinny...

Ja ek sal - as ek alleen is - geen teken van enige fliegtuie - in my eie watermassa swem in my geboorte pakkie.

Maar daar is nie 'n manier dat ek dit doen waar ander by is nie. Skaam ja, maar ek weet hoe ek lyk sonder klere  :nono:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skinny dip
« Reply #4 on: April 25, 2013, 06:06:53 AM »
Toe ons jonger was het ons heerlik in die swembad gejol met net 'n glas sjampanje in die hand.  Oor die algemeen kry jy my nie in die water nie.  Ek het nie vinne nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: skinny dip
« Reply #5 on: April 25, 2013, 08:10:28 AM »
hier is van my stories

ek het al baie geskinny dip en doen dit steeds as ek die kans kry. ons het nie 'n swembad nie maar 'n ou 5000 liter watertenk wat ek op 1 meter hoogte afgesny het. dit staan hier langs die huis op die gras en lyk soos 'n portapool. waneer ek inklim trek ek dadelik uit om te skinny dip. kan nou nie juis swem daarin nie maar afkoel wel, soms met 'n yskoue bier in die hand, soms met 'n bottel vonkelwyn langsaan op die tuin tafel.

 toe ek op hoërskool was, het ek en paar pelle 3 desember vakansies op 'n plaas hier naby langs die breërivier gaan kamp, so 5 dae elke keer.

 met die trekker en sleepwa daarheen gery. ons het saamgeneem: matras en slaapsak en kussing, handdoek, seep, tandeborsel, kos en nodige kosmaak goed, en drank en sigarette en vuurhoutjies en die klere aan ons lyf. dit was heerlik warm, onder die bome sonder tente geslaap. heeltyd vuurgemaak en baie nonsens gepraat en ons groot gehou deur te drink en te rook.

 wanneer ons daar aangekom het, het ons eerste ons klere uitgetrek, kaal in die rivier geswem en dan die goed van die sleepwa afgelaai. ons het weer klere aangetrek wanneer ons terug huis toe gegaan het na 5 dae. soos nudsite kaalgat geloop die hele tyd.

 was in januarie net na nuwe jaar, lekker warm weer maar heerlik onder die bome. in daai tyd ook niks ander mense gesien nie.

 deesdae is die rivier se water seker nie meer skoon nie en die mense loop ook rond daar, sal nie weer so veilig daar kan kamp nie.

daar kom nog...as julle wil hoor

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: skinny dip
« Reply #6 on: April 26, 2013, 01:17:24 PM »
Skinniedip is groot pret as mens jonk is en ons het dit gereeld gedoen as studente.

Dessdae wil ek nie eers maar kaalbas verby 'n spieel loop nie want ek skrik myself boeglam vir die pensie wat so effe hang en die dik nek! Ouderdom is nie vir sissies nie!

Ek weet vermyding van skinniedip is vorm van denial maar ontkenning is darem makliker as die "naakte" waarheid!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skinny dip
« Reply #7 on: April 26, 2013, 08:11:04 PM »
Vergenoeg ek my nou in daardie stelling, maar jy weet, pret gaan alles te bebowe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: skinny dip
« Reply #8 on: April 26, 2013, 09:09:14 PM »
gelukkig daar waar ek skinnydip is geen spieëls nie.


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: skinny dip
« Reply #9 on: November 11, 2021, 10:00:34 AM »
Die groentetuin van ons pandok was eers 'n bo-grondse buite-spa. Jongste wou hom weggooi en toe ek sien het Outop hom gelaai. Hy was staangemaak neffens die pandok se grotdeel. Mooi omring deur struik en 'n lendelam houtmuur aan twee kante en watertenk aan buurtannie se kant. Geen dak nie. Skinny dip ons gereeld tot die aand wat die ambulanshelikopter met sy soeklig reg bokant ons verby kom, laag genoeg en reg om twee blokkke verder by die plaaslike hospitaaltjie te land. Die volgende dag het ek sakke sand en saad bestel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: skinny dip
« Reply #10 on: November 11, 2021, 11:40:16 AM »
My skoonma het by Hermanus in die see geskinnydip. Toe raak 'n walvis op haar verlief...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skinny dip
« Reply #11 on: November 11, 2021, 01:13:25 PM »
Toe ons laas daar was het 'n walvis knaend voor ons woonstel verby geswem.  Almal wou weet hoekom ons dan so gelukkig is om elke dag 'n walvis te sien.  Ummm, nou verstaan ek! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: skinny dip
« Reply #12 on: November 11, 2021, 02:02:25 PM »
Soek seker my skoonma maar sy mag nie meer in die see swem nie. Sy veroorsaak tsunamies in Japan.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.