Author Topic: Dis Aarde week...  (Read 2271 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Dis Aarde week...
« on: April 22, 2013, 06:26:44 AM »
Hulle se ons moet van alles minder gebruik en minder mors. Ons moet meer bespaar.
Elke klein bietjie help.  Klein bietjies word baie, word meer klein bietjies, word later 'n groot klomp klein bietjies en later.. 'n groot verskil.
Nogal 'n uitdaging.
Ek gebruik min water, min elektrisiteit, gebruik plastieksakke weer.  Ek sit die geyser af oor naweke by die spreekkamer.
Ek weet net nie hoe ek gaan besnoei op brood nie.  Daaraan moet ek baie hard werk.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Dis Aarde week...
« Reply #1 on: April 22, 2013, 11:07:45 AM »
ek het al gewonder, as mens alle mors op aarde vat en bymekaar gooi, hoe groot stad kan jy aan die gang hou. dink maar as elkeen 5 korrels suiker 5 keer 'n dag mors. petrol ingooi en daar mors 5 druppels. mense wat te veel kos inskep en die orige weg gooi. onnodig te vinnig wegtrek en onnodig petrol gebruik.
graan wat van lorries afwaai, water pype wat lek, masjiene wat sleg ingestel is en nie gediens word nei wat onnodig brnadstof gebruik, ligte en verwarmers en lug versorgers wat onnodig aan gesit en aan gelos word, te veel of onnodige kos wat mense eet, papier wat sommer weggeooi word, heng die lys gaan nie ophou nie. 10 druppels wyn of koeldrank wat agterbly in die bottel en stukkies seep wat weggeoi word, en buise room of tandpaste wat nie 100% leeg gemaak word nie of onnodig baie gebruik word.
selfoon laaiers wat nie uitgetrek word nie maar aangeskakel bly. 20 miljoen mense wat se laaiers onnodig aan bly en elkeen vat 1 watt = 20 miljoen watt deel deur 1000 = 20 000 kw. dis 'n klein kragstasie klink dit my? 20 megawatt as ek dit nei mis het nie?


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dis Aarde week...
« Reply #2 on: April 23, 2013, 08:27:34 AM »
Dalk het die lewe te gemaklik geword.  Krag uit 'n skakelaar en water uit 'n kraan.  Jy kry enigiets te koop net om die hoek. 

Ons warmwatersisteem is effens ver van die stort af.  Met 'n emmertjie vang ek die koue water op gooi dit oor my potplante.  Al is dit net 40 liter water per dag tussen my en Hannes wat dit ook doen, spaar ons 'n groot klomp water.  Hoekom borsel jy jou tande terwyl die kraan loop?  Daar is werklik baie maniere hoe 'n mens kan spaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dis Aarde week...
« Reply #3 on: April 23, 2013, 06:45:59 PM »
Verskriklik baie, PM.
In die Tuis tydskrif is daar heelparty huise wat van afval-materiaal en materiaal wat van rommelhope kom, ge-renovate word.  Selfs gebou word.
My broer en skoonsuster het hul huis op Plett oorgedoen, meubels gemaak van afval hout. Sy haar kussing-oortreksels gemaak van afval stukkies lap. 
Tuis gaan 'n artikel oor hul huis doen.  Ek is nuuskierig, want ek het nog nie die nuwe (ou?) huis gesien.
Maar ja, ons moenie weggooi nie, daar is altyd iemand anders wat dit kan gebruik.
AB, dit is baie interessant wat jy se.  Ja, tonne en tonne van alles gaan verlore wat die armstes kon gebruik.
Ons Planeet dra swaar aan ons gemors.
Bottom line... ons is te veel mense.
En as jy daaroor dink, is dit skrikwekkend wat ons besig is om te doen.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Dis Aarde week...
« Reply #4 on: April 23, 2013, 08:34:20 PM »
Pm jy praat van die water uit die kraan.
laat dink my aan die strokies karakter Hagar en Helga.

( wonder wat was hulle van)

in elk geval, behalwe 'n kraam geval..........so was Hagar op 'n strooptog Engeland toe. Kom terug en gee baie opgewonde 'n geskenk aan Helga, 'n kraan. sy vra wat is dit en hy seg, draai die handvatsel. sy maak so en niks gebeur nie. seg hy, dis snaaks, voordat ek dit daar in engeland afgebreek het, het daar water uitgekom as jy daar bo aan die handvatsel draai.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dis Aarde week...
« Reply #5 on: April 24, 2013, 04:02:36 PM »
Dis lagwekkend, ek wonder of dit is hoekom hulle die koperpype by die kragstasies steel.  Dan loop 100,000 liter olie wat ver oor 'n miljoen rand kos uit.  Dit vat nog R1.2 miljoen om die olie op te ruim en nog weer nuwe olie wat aangery en gesirkuleer moet word voordat dit ingepomp kan word.   Vir 'n stukkie koper?  Kan jy dink hoeveel koper jy kon kry vir R5 miljoen?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dis Aarde week...
« Reply #6 on: April 24, 2013, 05:40:14 PM »
AB, Hagar se van was Die Verskriklike.
So ek raai Helga het dieselfde van gehad.... giggle.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Dis Aarde week...
« Reply #7 on: April 29, 2013, 07:58:56 AM »
angellica, ek gaan gana google oor hargar en ook agtergekom sy van was "die verskriklike" ons het 'n onnie gehad wat se bynaam hagar die verksriklike was, later net hagar. hyt in elk geval meer blaf as byt gehad. hy moes seker ookmaar sy "pose" hou en daarom soos harhar probeer gedra.

PM daai koperpype, ja die mense wat dit doen is onnosel verby maar weet ongelukkig nie. hulle weet nei wat se skade hulle aandoen deur dit te doen nie en die ergste is hulle gee nie om nie.