http://www.poetpatriot.com/poems-quio-orig.htmHierdie kort strukture dwing ons om met die minimum woorde ons gedagtes te deel met die lesers.
Engelse riglyne stel 'n lettergreeptelling van 3/5/3 onderskeidelik in die drie reels voor en sover ek kon agterkom is daar geen verpligte onderwerp waaroor gedig moet word nie.
In my soektog na Afrikaanse voorbeelde het ek op 'n Engelse weergawe afgekom wat so treffend was, dat ek dit in ons moedertaal verwerk het in 'n dubbel 3/5/3 struktuur.
My weergawe is so saamgestel: Twee verse van drie reëls elk, wat voldoen aan die vereiste lettergreep telling van 11 en onderskeidelik toegepas as 3/5/3. In my voorbeeld word die geraamtes wat skuil in ons gene, aan die leser voorgehou as 'n betwisbare stelling.
*Hangkasgees Die sondes
van ons voorvaders
volg getrou ....
Die stamboom
waar gene vertak
in kringloop ...
*Genealogie
© Meraai vannie baai
PM se Quio Depressie
‘n spinnekopweb
vol eiers
Met quio...
elf lettergrepe
in die kol
© PM