Author Topic: Herinnering  (Read 3122 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Herinnering
« on: May 26, 2011, 05:44:44 AM »
Herinnering

Woer woer wielietjiewaai
die pers Petreabloempies tot op die vloer,
‘n lila blaremat wat my wegvoer
na planete ver hier vandaan,
nôg gesien, nôg gevind,
nôg vergaan.

So woer woer purperwinde
stof van lank gelede op,
dwarrel Onthou deur my gemoed om skimme,
lankal in vergetelheid gedompel,
koersvas met soutdruppels weg gewas,
weer op te roep.

So woer woer die katklouklimop
tot waar die kosmos ontmoet,
waar tye wye wonde heel en
Verlede Vergewe woon,
om dié dinge te laat waar dit hoort;
aan die voet van die ou groot boom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Herinnering
« Reply #1 on: May 26, 2011, 06:15:27 AM »
Vanaf die Kosmos tot hier onder by die voet van 'n groot boom... Ai man, dis pragtig.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herinnering
« Reply #2 on: May 26, 2011, 06:42:09 AM »
Dankie Elle,  ek het nou weer gesit en kyk na die foto's wat ek van die eislike Petrea in my tuin afgeneem het toe dit vol in die blom was en wat ook aanleiding gegee het tot hierdie gedig.  Dit wys nou net weer hoe een klein wielende blommetjie 'n mens se gedagtes op loop kan sit. 

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Herinnering
« Reply #3 on: May 26, 2011, 07:00:56 PM »
pragggtig, vriendin. maggies, jy mag maar.
plaas biki een van daai blommetjies - foto op FB laat ons ook kan sien.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herinnering
« Reply #4 on: May 26, 2011, 08:45:19 PM »
Ag my matertjie,  ek en fb, ons twee praat nie eintlik met mekaar nie,  want ek is te stupid.   :munky2:
Ek sal maar met my 'admin mannetjie" moet gesels,  want die program wat ek altyd gebruik het om foto's op die forum te plaas het my in die pad gesteek!  :read2:

Gee net kans,  ek is amper daar!
Om te weet is om te verstaan.