In die Engelse voorbeelde word die lettergrepe per reel getel vir die 
telefoonnommer.
Vir ons eerste Afrikaanse 'nommer asseblief' het ek 'n gedeelte uit Angelica se plasing
gebruik en die 
nommer saamgestel uit die aantal woorde per reel.
1  Jitte,
7  ek is seker sommige mense se kenne
5  gaan aan hulle borste vasgroei. 
4  Nie eens die verkeersreels
7  het 'n uitwerking op hierdie euwel nie
4  en daardie handsfree gedoentetjie
7  met die toutjie nog in die oor... 
3  Ag nee jinne,
2  kom by.
© Angelica
As ons die 
nommer sou saamstel deur lettergreeptellings, sal dit so vertoon. Ek het van ons woordbou-kompetisie woorde uit die skuur, ingespan as 'n voorbeeld. 
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2484.msg18608#new5  Langs die huppelweg
7  van 'n goue-gare-paar
8  is daar glo geen geutverdriet nie, 
6  want die giggelpille 
9  word afgesluk met kêkkelwater.
9  Op die weg van griffelrebelle
8  skuil daar soms rare woordkwale.
7  Skommelkoors verander jou
5  in 'n komatoos.
Vir Engelse voorbeelde kan julle hier gaan loer.
http://stalsstpatspoetryplace.wikispaces.com/Dial-a-Line+Poetry