• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

weerkaatsing

Started by Louis, May 25, 2011, 08:54:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

pers, geel, wit, blou, oranje, rooi en silver grou
flou swart water met rustige brander
wat sagkens breek op Soverby se strand
horison intens met kleure gepak
agterna gelaat toe die son sak

brander breek met luide doefffffff
sleep agterna die skuimwater saam
al dansend oor die sand
skuim vorm  patrone soos delikate kant
en die horison  weerkaats daarin

die lug is stil
net die druis van die branders
alleen staan n hengelaar en wag vir n vis
om hom
hierdie asemrowende gesig

Angelica

Wat gaan in die gedagtes om van 'n hengelaar wat so staan en wag vir die vis? Ek dink aan die skilderye van die ou meesters en hoe hulle met kleure op 'n palet gemeng, skilderye geskep het wat nou nog bestaan. Honderde jare later. So is die natuur. 'n Groot skildery.
elle

adele

kan nooit genoeg kry van watertonele nie, mooi geskryf.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

"soos delikate kant"  Pragtig beskryf!  Ek wens ek kon so mooi beskrywend vertel!  Kry net nooit die regte woorde nie!

Dankie Louis,  dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.