• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

wanneer son in my hart inklim

Started by adele, May 25, 2011, 08:28:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

'n sonstraal trippel rond
op die kleindorpie-werf,
klop aan 'n venster
om die slaap binne te bederf,
wanneer die wind
liggies aan die gordyne pluk
klim hy skelm deur
die venster, heel in sy skik!
in die koel oggend
kom sprei hy wyd oor ons
en koester ek die liefde
wat uit jou oë tot in my hart bons. 


:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

So 'n stoute sonstraaltjie. Pragtag.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Dis nou een ding van digters en skrywers: Hulle gaan haal 'n enkele sonstraal en tower hom in 'n prag stukkie werk. Wens ek kon slaap tot die son my wakker maak.
elle

PM

Dankie Adéle,  jy maak my ook sommer vroegoggend warm met die sonstraaltjie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

dankie julle, ek is klein voor julle mooie komtare
Angelica, deesdae is ek al inni kantoor wanneer die sonnetjie se effense strale oor my vensterbank klim, maar hierdie griffeltjie is in die midsomermaande gebore. toe was dit heerlik om saam met die sonstrale uit die bed te vlug en koeligheidjie buite te gaan soek. daardie dae is dit moeilik om te dink die midde-vrystaat kan bedek word met 'n vrieslaag wind en yslug soos vandag en more.


:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Liefie,  ek kyk weereens na die titel en ek besef dit is wanneer die son in my hart inklim, dat ek "ontvries".  Hier in die mooie ou Transvaal,  waai die yswind van die Kaap af en ons kry vrekken koud!  Dit is pragtige vriende soos julle wat die son toelaat om in my hart in te klim!  Dit is wanneer ek besef dat ek 'n bevoorregte is!   :love7:

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.