• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Klikbekkie-bewyse van die skatte by 'n gratis kampeerplek

Started by Meraai vannie Baai, April 19, 2013, 06:24:35 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

As jy ooit deur die land van bloekoms en gangeroes kom toer
is afsaal met jou huisie van seil, by gratis kampeerplekke, 'n moet!
Gedurende paasnaweek het ek en Outoppie die wieletjieshuis gehak
en weggeloop na een van hierdie 'for you - for free' verblyfplekke.

Wanneer die son sawens sy kop laat sak, bloos die hemel kleurvol...



Daar is vuurmaakgeriewe waar jy na hartelus 'n vuur kan stook
en jou keteltjie ywerig oor die vlamme stoot...



As die maan 'n paar uur later die donker kom verjaag, snak jy na ekstra asem...



Dou voor dag nooi vrede, uitnodigend, op die gratis vyfstermenu...



'n Warm stort in die bosse is mos nooit te versmaai nie!






Fransi


PM

O dis pragtig.  Hannes vra hoe werk daai stort, dalk kan ons een hier kry.   :icon_biggrin:

Die pragtige foto met die pragtige woorde hoort beslis in die boek Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: Meraai vannie Baai on April 19, 2013, 06:24:35 AM

Wanneer die son sawens sy kop laat sak, bloos die hemel kleurvol...
:toothy4:    :toothy4:     :toothy4:   dis so mooi

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

O jitte maar dis pragtig.
'For you... for free' - nogal.  Nie hier in die Nuwe SA
elle

Meraai vannie Baai

Bly julle ook geniet maters. PM as jy 'n gaatjie het kan jy gebruik na hartelus  :bootyshake: Ek vra Outop hoe bekskryf (beskryf) ek nou hoe ons bosstort werk. Kom die antwoord: sjjjjjj sjjjjj sjjjjjj... LOL. Dit werk soos 'n gifspuit wat jy pomp. Die water word vooraf eers verhit op 'n gasplaat of oopvlam. Daar is 'n temperatuurmeter bo-op met riglyne vir hitte beheer. Sodra jy die verlangde hitte bereik het, pomp jy so paar keer en walla. 'n Heerlike warm stort in die bos.