• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Se ek of bly ek stil?

Started by Angelica, April 18, 2013, 07:57:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Sê ek of bly ek stil?
My baas is 'n tipiese kunstenaar.   Net vanoggend praat ons oor sy 'studio' wat so deurmekaar is.  Niemand, nie eens hyself, kan iets vind as hy dit soek  nie.  Oral tel jy instrumente, verfkwassies, boeke, penne ens ens, op.  Self sy skouersak en sleutels is altyd op soek.  
So ry hy weer gou hospitaal toe om 'n pasient te sien.  Ek gaan om my snippermandjie leeg te maak en kry sy helper, sy regterhand, wat in sy skouersak krap.  Sy beursie, rookgoed, persoonlike goed, is daarin.  Ek het my snippermandjie leeggemaak en terug geloop.
Sê ek of bly ek stil?  Want sê ek nie, rapporteer ek nie oneerlikheid in die werkplek nie.  Sê ek, is daar probleme, want hierdie outjie doen geweldig baie en dit is ook gespesialiseerde werk.  Dit sal weer baie maande, indien nie jare, neem om iemand van vooraf op te lei.  En tyd is baie beperk.
Ek is vies omdat ek in 'n plek is waar ek 'n besluit moet neem oor iets wat ons almal gaan raak.
Hoekom steel jy van die hand wat jou voed as jy alreeds sòveel kry?  

++++
elle

Trapsoetjie

Ek sou se, se hom. Hy kan self besluit wat om te doen. Uittevind hoekom die ou in sy goed gekrap het. Ek vat dit so, ek sou wou weet as so n persoon vir of met my werk. Sou jy nie?

:angel12:

Meraai vannie Baai

Ek dink ek sou ook eerder verkies om te weet as daar agter my rug gegrou word in persoonlike belange.

PM

Dit is 'n moeilike besluit.  Ek is oortuig daarvan dat jy weldra die antwoord sal vind.  Jy ken die situasie by die werk en jy is nogal 'n baie slim meisie.  Jy sal 'n manier vind om die saak te hanteer. 
Om te weet is om te verstaan.