• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wonderbaarlik Volwasse

Started by adele, April 18, 2013, 04:21:30 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

uit my eposbus, van die poskoets afgeval ... onbekende oorsprong

Jy weet jy word Wonderbaarlik Volwasse wanneer:

Jy en jou tande nie meer saam slaap nie.
Jy jou kouse probeer optrek omdat dit kreukel, en dan besef jy het nie kouse aan nie.
Jy word wakker en lyk soos die foto op jou bestuurderslisensie.
Dit neem twee probeerslae om van die bank af op te staan.
Om 'n "gelukkie op te tel" beteken jy kry jou kar in die parkeerarea.
Jou idee van 'n aandjie uit is om op die patio te sit.
"Happy hour" beteken 'n slapie.
Wanneer jy op vakansie is en jou energie op is voor jou geld.
Dit neem langer om te rus as om moeg te word.
Jou geheue is korter en jou klagtes is langer.
Jou adresboek het meestal name wat begin met Dr.
Jy sit in jou wiegstoel en kan dit nie aan die gang kry nie.
Die apteker word jou nuwe beste vriend.
Dit neem dubbel so lank om die helfte so goed te lyk.
Alles is seer, en dit wat nie seer is nie .. werk nie.
Jy slaan jou tande in 'n steak in ... en hulle bly daar.
Jy doen afstand van al jou slegte gewoontes en jy voel nog steeds nie goed nie.
Jy het meer geduld, maar eintlik gee jy net nie meer om nie.
Jy kry uiteindelik jou kop reg ... en jou lyf begin uitmekaar val.
Jy wonder hoe jy oor die muur kan wees as jy nie eers kan onthou dat jy bo-op dit was nie.

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Ja-nee, ek kan beslis saampraat.    :icon_biggrin:  Baie dankie vir die deel, ek het dit baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

O hallie ha ja nee!! (Mis ek nou weer vir mevrou varkie) Dis nou maar wors hierdie  :toothy4: Duisend en tien dankies vir die aandra en deel matertjie!