Ek wonder hoeveel mense met haarverlies en dun hare sukkel wat net nie wil groei nie? Ek moet ongelukkig my hand opsteek as een wat met hierdie probleem sit.
Vir jare lank het ek gereeld haar kleursel gebruik, my hare elke dag gewas en droog geblaas, en na die geboorte van my dogtertjie het ek nooit weer in my lewe 'n gesonde, dik bos hare gehad nie.
Ek het toe bietjie gaan soek vir 'n oplossing en is baie opgewonde om dit hier te kom deel:
Gooi een botteltjie Bergamot Essence (Lennon se produkte) in jou sjampoe en skud goed. Wanneer jy hare was, probeer dit so lank as moontlik op hou en masseer jou kopvel goed.
Gooi dan nog 'n botteltjie Bergamot Essence in 'n bottel Plasenta en spuit dit op jou hare nadat jy dit gewas het.
Ek gebruik hierdie nou al vir amper twee maande en kan defnitief 'n verskil sien en voel.
Hierdie is defnitief 'n wenk wat werk!