• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dringend... Resep asseblief

Started by Angelica, April 11, 2013, 02:19:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ek soek 'n resep vir 'n slaap-drankie.
Een met skop.
Dit moet my tussen die oge skop dat ek agteroor neerslaan en vir 8ure uit soos 'n kers daar le.
En ek wil snork dat die dak lig.
En as ek wakker word, moet dit Saterdag-oggend of Sondag-oggend wees sodat ek die roes verder kan afslaap.
Help!! 
Wat is die slaap   :sleepy1:   :sleepy1:
O, jou wondersoete deng.
:sleepy1:  :sleepy1:  :sleepy1:
:sleepy2: :sleepy2: :binkybaby:  Dalk moet ek 'n dummy kry.
elle

Meraai vannie Baai

 :sign10: Ek het nie ene nie, maar die spore hier op jou laatnag erfie was baie verkwikkend vir die eensame woorddief, dankie matertjie!

PM

O goeiste, jy kan altyd Skype matertjie.  Daar is 'n paar van ons spoke wat Skype as ons nie kan slaap nie en Raaitjie het dag as ons nag het. 

Dit is nie die slaaploosheid nie nĂȘ, dit is daardie volgende dag as jy moet werk.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dis daai volgende dag se deng wat my so pla.
Nou le ek en stories en versies dink, gaan haal ou stofgoed van die rakke af.
Tot die baas vra gister of ek 'n late night gehad het!!  Aarde, op my ouderdom??
elle

PM

Dit gaan nie oor die ouderdom nie, dit gaan oor die sneeu op die berge en die vuur in die valei.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek vir jou PM! Angelica, die sout en peper garde  :toothy4: diekant van die aardbol is altyd te vinne vir 'n praatjie en skop graag die skypeskoeter aan die brand. PM getuig ware dinge  :icon_biggrin:

Fransi

Camomile-tee maak my altyd vaak en dan iets soos ontspanningsoefeninge en asemhalingsoefeninge (mediteer) help verder.

Angelica

Fransi, daai oefeninge klink hopeloos te veel na... wel, oefening.
Vanaand wil my nek net eenkant toe val, so ek sal maar nou-nou bed se kant toe staan.
PM, daai fire innie valley is uitgebrand.  Geen vuurhoutjies om dit aan die brand te steek nie. Dead.  :dontknow:
elle

PM

Ag nee ek glo dit nie vir 'n oomblik nie.  Jou gedigte is genoeg om enige fire konstant aan die brand te hou.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En nou kuier ek saam met ons gas wat die onderwerp print Heerlik om weer so tussen die ouer kuiertjies te dwaal  :hello2:

Angelica

Ek soek nog steeds na daai skopannieslaapdrankie.
Kamille-tee laat jou snags opstaan.  En as jy opstaan is jou oge oop. Wyd oop. So oop dit gaan nooit weer toe nie.
Ek loop le maar en lees.  Na die eerste bladsy wil ek slaap.  Gewoonlik is dit nog te vroeg vir 'n heelnag se slaap.
Maar wat, dis nou soos dit is.
elle

Meraai vannie Baai

#13
Self nog opsoek hoor. Hoe ouer ons word hoe minder slaap ons. Seker oor mens besef die kosbare sand in die uurglas is besig om af te sak na jou onderlyf  :icon_bigsmurf:

Jeannedarc

My recipe for sleeping soundly at night is to leave the office at the office when I go home. I do not take work home, I do not work at home unless it really is necessary. I can't solve any work related problems at 02:00 in the morning. From the moment I started to follow my own rules, I sleep through, soundly.