Author Topic: Die wêreld is ons woning nie… TOTIUS  (Read 3146 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Die wêreld is ons woning nie… TOTIUS
« on: April 06, 2013, 04:29:14 PM »

Met liefde en verlange onthou ons

Wilna de Beer

en neem vandag afskeid
Saterdag 6 April 2013

Emmanuel kapel, Bloemfontein

Dankie vir Mamma se glimlaglewe
lewenslesse en liefde wat u aan ons nalaat
Adéle, Fred, Rudolf
kleinkinders en ander familie en vriende.

Die wêreld is ons woning nie…

                                           TOTIUS


Natuurlik gun ek haar rus
en ook ’n ewigvrede …
haar lyfie seer
en skeefgetrek
haar hartseer
en verdriet,
verlange opgerol
in ’n rottangmat
en tou-opgebind…
is nou verby
ek gun haar rus
en ewigvree’…
my hartsverlang
sal weer berus
al sal ek heeltyd wil vertel
soos jare lank-
van kind en werk
en vriendskap sterk,
moet hart en siel
ook later aanvaar
die lewe is kort
maar die liefde bly daar.

dit was nie maklik nie maar ook nie so moeilik dat ek wou weghardloop nie ... haar lewensliefde bly in ons.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die wêreld is ons woning nie… TOTIUS
« Reply #1 on: April 08, 2013, 04:17:04 AM »
'n Tyd om gebore te word en 'n tyd om te gaan .... die voltooide sirkelgang van menswees. Ons diepste medelye matertjie. Pragtige afskeidslyne  :crybaby2: :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die wêreld is ons woning nie… TOTIUS
« Reply #2 on: April 08, 2013, 08:45:38 AM »
dankie baaaie Lief vriendin, my mamma het self my pa se briefie geskryf, 11 jaar gelede en toe het sy Totius se aanhaling gebruik, so was haar briefie maar net 'n kort herhaling van die vorige, sonder tierlantyntjies en omhaal van woorde...

 :grommit: 
adéle  :grommit: