• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Terug Mthatha toe

Started by PM, April 06, 2013, 07:15:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons ry later vanoggend weer Mthatha toe.  Sodra ek 'n opvangsie kry, laat weet ek waar ek is.  Lekker naweek vir julle. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Dis nou oulik.  Ek het Saterdagoggend gery en dit is Sondag amper aand en niemand was nog hier na my nie.  Sjoe, ons het gewikkel. 

Soos julle kan sien, ek het sein.  Ons het vir twee aande in die  Garden Court plek bespreek terwyl ons nou ander plekke kan gaan "ontdek".  Hotel-lewe en ek, ons is nie maatjies nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En ons is ook weer tuis na 'n heerlike kuier saam met al ons kinders en kaboutertjies. PM ek is baie dankbaar dat julle sein het -anders was ons alweer kreupel verlang  :love7: Hoop julle geniet en dat jy gereeld kansie kry vir inloer en kuiertjie tussen die lyne.

PM

Dit voel al soos 'n week gelede wat ek hier was Raaitjie.  Bly julle het lekker gekuier.  Sonder opvangs is ek verlore maatjie.  Net so bly dat ons sein het. 
Om te weet is om te verstaan.