Author Topic: Aandlied van die wind  (Read 2424 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Aandlied van die wind
« on: April 03, 2013, 08:58:31 AM »
stom luister ek vanaand
na 'n aandwindlied
soek jou stem in sy melodie,
mis jou vingers
strelend, spelend
oor snare van my hart

droewig kla hy sotto voce
'n hartseer wat my siel aanraak
sy lied van verlange
tjalie om my hunkerlyf

ek knip my oĆ«, 
vind jou beeld in sterrelig
jou glimlag speel 'n minnelied
op  harpe van 'n melkweg

wyl sagte melodieƫ oor my spoel
volg sagte vingers
sy note oor my vel
waar eens jou warm hande
'n overture uit kon spel

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Aandlied van die wind
« Reply #1 on: April 03, 2013, 10:19:58 AM »
Ek lief dit  Juffrou Gawie, dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Aandlied van die wind
« Reply #2 on: April 03, 2013, 10:41:43 PM »
Amen!