Author Topic: Seisoenaal  (Read 2720 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Seisoenaal
« on: April 01, 2013, 12:30:05 PM »
Uit die spierwit doeke van lentebloeisels
ontwaak die vreugde van lewe.
In somerhittegolwe groei die lewensvrugte.
Die herfs bring wasdom in sy warm wyse kleure.
Aan die einde kom winter en verstrengel, verskrompel
in yskoue vingers die lewe uit die jaar se groei.

‘n Siklus word voltooi.
‘n Siklus gevul met vreugde, hartseer, liefde…
Groei…
Wysheid…
Lewe…
Pyn, lyding…
Dood.

Dit is volbring…
© Naas
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Seisoenaal
« Reply #1 on: April 01, 2013, 12:55:58 PM »
So gevoelvol geskryf Naas.  Ons dink aan jou matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Seisoenaal
« Reply #2 on: April 01, 2013, 05:52:12 PM »
Sterkte word julle toegewens, Naas.
Daar is soveel lekker tye saam met Ma wat ek nooit sal vergeet. 
Sy was baie siek, maar altyd geglimlag en liefde uitgestraal.
Geen bitter lyding meer vir haar.  Net rus aan ons Vader se voete.
<<<<>>>>
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Seisoenaal
« Reply #3 on: April 01, 2013, 07:07:51 PM »
ek wil jou hand neem, saamstap ... die seer is nog erg, dit oordek nog die gemis wat wag.
jou siklus-woorde skilder ook 'n goue-raam-liefde.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Seisoenaal
« Reply #4 on: April 01, 2013, 11:04:29 PM »
Met eerbied en simpatie lig ek my hoed en knak die knieg mater  :icon_salut: :notworthy: