Author Topic: Somer vir my  (Read 1387 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Somer vir my
« on: April 01, 2013, 10:09:31 AM »
Somer vir my      © Marius Buys

As ek moeg word en die lewe druk,
as my hart in paniek uit my bors wil ruk,
dan klim ek in my dubbeldekker en gaan ry
tot waar ek Sir Cliff se Summer Holiday kan kry.
Strandlangs sal my ritsbuswiele draai,
langs saffierblou see en visserman se kaai
en sou dit tyd raak om te braai
sal ek dryfhout kry wat oral op die duin rondlê:
sommerso - verniet - vir my.
Elwe, mossels en alikreukel,
of 'n groot rooi kreef in 'n witsous pekel,
uit oseaan se spens sal ek kies en keur,
van liplekker snoepe met hul vars seekos geur.
Dan issit magie vol en ogies toe, 
tyd vir 'n uile-knip hoe-hoe. 
Vrotvel uitgestrek op die goudgeel sand
lê dik likkewaan doe-doe.
Saans trek ek laer
in Natalia by die see,
kamp en kuier
by die karavaanklomp van ATKV,
dan maak ons keelnat,
in my rooiwielhuis se kroeg,
ons uit en tuis rebellie,
teen die stadsgewoel se wroeg!

© Marius Buys
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Somer vir my
« Reply #1 on: April 01, 2013, 10:10:15 AM »
Dit is die lekkerste kuier, somerkuier.  Dankie vir die deel Marius.  Die gediggie "klink". 
Om te weet is om te verstaan.