• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Xanadu

Started by PM, April 01, 2013, 10:55:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Xanadu      © Marius Buys

In die tuin van Kubla Khan,
groei bloedblom wyd en wild,
ter nagedagtenis van stemme stil,
want selfs in Xanadu vries winterkill.
In somer swierig sy paleis gevul,
omring deur geile gras en  blommegrill,
voëltjies twiet hul lewenslied,
as oorlewenaars van daardie koel verdriet,
weetend wat op hul wag,
na die bloei van natuur se prag, 
voort die lewe, voort die stryd,
'n seisoenale siklusgang van tyd
waar gedigte onvoltooid nooit afgesluit.

© Marius Buys
Om te weet is om te verstaan.

PM

Dit is 'n besondere mooi gedig Marius. 
Om te weet is om te verstaan.