• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kosmoskyk

Started by PM, April 01, 2013, 10:47:26 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Kosmoskyk     © Marius Buys

Besluit jy ooit om bietjie te gaan ry
deur ons mooi Suid-Oos Hoëveld se kontrei
sal jy familie van die Aster kry.

Vanaf laat somer tot vroegherfs in April
bring hul telkens toervoertuie tot stil,
want kiekie; kyk; pluk; of ruik sal mens wíl.

Klomp-klomp saamgedrom bloem die Kosmosblom
soos malvalekkers kopknikend in die son
langs paaie wat van gedenktekens af kom.

Skilder hulle nou doeke van harmonie
dié perdevoersaad van Kaki en kie
in Anglo-Boereoorlog parodie.

© Marius Buys
Om te weet is om te verstaan.

PM

Interessante rympatroon Marius.  Ek het al jou inskrywings baie geniet matertjie.  Dit is almal goed genoeg vir die boek.  Dankie vir die saamspeel.
Om te weet is om te verstaan.