• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

dood van n weskus nag

Started by Louis, May 24, 2011, 10:39:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Weskus se na-nag
in winterskleed getooi
n wasige misgordyn
skitter klein diamantjies
spookagtige
sterre in  blou-swart hemelruim

anderhalf sekelmaan
verdoofde ligte aan
lê op slaap se horison
gekantel op haar sy
vêr gereis deur donker nag
om haar slaapplek weer te kry




Naas

Hier toor jy darem pragtig met Weskusbeelde wat ek al amper vergeet het. Ek het dit diep geniet.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Sowaar PRAGTIG geskryf..voel of ek uit 'n huis op die see se venster kyk... :love7:

:angel12:

PM

Hierdie gedig is so dig as wat 'n mens dit maar kan kry.  Bedoelende dig soos in saamgevat, nie dig soos in "stupid"  :munky2: nie.  :bootyshake:   :icon_biggrin:  Ek stem saam, dit is uiters beskrywend.  Een van die dae kyk ek ook weer oor die see.  Net jammer ons gaan die volmaan mis,  maar ek sal my in hierdie anderhalf sekelmaan verlustig en aan jou dink Louis.
Om te weet is om te verstaan.