• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vriendin (Seisoene)

Started by PM, April 01, 2013, 10:26:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Seisoene
 
Vriendin, ek stuur vir jou
'n
bossie somerblomme
om in jou hart te bêre
'n
groot bak vol laggies
vir 'n vrolike siel in die herfs
'n
bruinbeerkaros
om die winter af te weer
ek bied
'n
skouer vir jou sorge
my
mou vir jou trane
'n
oor vir jou vreugdes
'n
veilige wegsteekplek vir jou geheime
'n
slaansak vir jou frustrasies
en vertel vir jou van
seer geknelde duime
dat
jy die seisoene van jou lewe
met
hoop en geloof sal trotseer
ek stuur vir jou alles wat hol is vol liefde
en
die versekering
dat
jy
vir my
'n
dierbare vriendin is

© PM
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Ans Botha


PM

Dankie julle.  Vriendskap beteken so baie vir my. 
Om te weet is om te verstaan.