• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nuwe lewe

Started by PM, March 28, 2013, 12:13:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Nuwe lewe

soos ek deur jou oerwoud van verse stap
sien ek die sonlig yl
in dun strale
deur die dik groen blaremat skyn
sien ek hoe sif die droeë dooie blare
stadig
deur die roerlose lug om my heen,
om saggies
‘n bruin blaremat
om my voete neer te lê
woorde wat niks beteken nie
wat stadigaan sal vergaan
om weer langsaam
‘n pad na bo te baan
om met tyd en geduld
nuwe voedsel te gee
en wie weet
wat dalk na weer probeer
dik lote van betekenis
en blomme
van seldsame skoonheid
sal dra

© Piet Magriet alias PM
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Smeeeeek vir voorlees met kaggelvuur en glasie rooiwyn!  :love7: :book1: :icon_salut:

PM

Dit sal jy goed kan doen.  Wens jy was hier Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek plaas ook die gediggie van Grevilman hier, wat my ge-inspireer het om "Nuwe lewe" te skryf. 
Dit is die heilige waarheid, 'n mens leer met die tyd om minder woorde te gebruik en om woorde met oorleg te kies. 

Oorvloed
Gedagtes binne woorde
wat tuimelend val
soos nat wasgoed in die masjien,
noodsaak my om sin te maak
uit die oorvloed
van die oerwoud,
wat dun lote van betekenis
en blomme van seldsame skoonheid groei,
te midde van blaar baldadigheid
wat selfs die mees geharde gedig
dood smoor.

©Grevillman
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Pragtig PM. Kan sien hoekom hierdie gedig van jou Grevilman jou hart gesteel het  :headbang: