• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uurglas

Started by Jeannedarc, March 28, 2013, 10:43:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

tok tik
tik tok
klikkerklak my hart met dowwe klik
in die doolhofratwerk van my lewensklok

sag shhh ritsel uurglas sand
blitsig langsamerhand
'n oomblik se kortwiek
deur uurglas se perdebylyf dun

tikketie tak
tikketie tiek
is my drome in 'n uurglas kou
of my werklikheid 'n drogbeeld klou

kibbel kabbel
klingel klangel
ysblokkie gletser in uurglas kristal
my lewenslus 'n lentebries, 'n maskerbal

uurglasies klein
uurglasies groot
is die uurglas van my lewe
nie die uurglas van jou lewe

sag shhh sandjies sag
glippend glad uit uurglas lyf, ragfyn, klein
'n sekond 'n 100 jaar
en 100 jaar maar 'n oogwink lank

oggendsonstraaltjies dans mazurka
silwerglansend aandgewaad
gedrapeer om maanlig sonate
ritmeis walsend deur my uurglas lyf

blommeprag en soete geur
die asemberowing van 'n sonsondergang
borrelbruisend mistig
in my uurglas waterval

soete nektar van 'n eerste kus
die lekker seer as baba kom
in die skadu's van ragfyn sandjies
sag shhh vloeiend
deur die uurglas van my lewe

en soos my lewe loop
is die seeninge ontvang
huppel-lekker en eina-seer, elke dag, nag
in die uurglas cinema van my lewe

wanner die winter van my lewe
dan sneeuwit op my le
het die hoekom het ek nie maar selfverwyt
in die niet verdween
vervang met soete herinneringe
uit my uurglas fotoparadys

PM

Pragtig Natalie.  Jy skep die beelde en ek drink dit in. 

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kan net amen skryf op PM se kommentaar!  :icon_salut: :notworthy: