• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

jou se plek

Started by Louis, May 24, 2011, 08:23:41 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Whoop!!!!!! Whoop!!!!!! Trappies is hier...


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Ek het die forum die 27ste Maart 2011 "ge-open" en Naas, Trappies en 'n paar ander lede het die 31ste Maart 2011 aangesluit.  As julle gaan kyk na die ledelys sal julle die datums daar sien. 


Ek onthou nog e-posse wat ek ontvang het van mense wat my belowe het hierdie forum sal nie 3 maande oorleef nie en kyk nou net, sewe en 'n half jaar later!   :headbang:


Lekker om jou raak te lees Trappies.   :love7:


Om te weet is om te verstaan.

adele

Wat het van Louis geword?  :dontknow: Hierdie was sy post hier onder wat hy vir my geskryf het? Dit het my toe weer hierby gewakker :wave:

ek lees jou raak op n post of ses en dit lyk vir my jy is n ou kalant in die skryf bedryf
tog.....
is jou plekkie leeg
dit kan mos nie deug

en seker die lekkerste plek om deur te loop onder woorddiefstal ...  :toothy4:

Jy was 'n slagoffer van die woorddief:  :notworthy: :love7: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Sonder julle woordskatte sou die mandjie leeg op die rak bly staan het mater  :love7: :hello2:

PM

Adele, ons het almal na jou gesoek en gelukkig gekry.  Dalk was dit Louis wat jou terug gebring het?
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

PM

Ja jy sien?  Lekker kuier ek en jy hier tussen gister se lyne.
Ek sien 'n internis die 24ste Februarie om 'n knievervanging te doen.  My vergrote hart moet eers aan toetse blootgestel word om te sien of alles in orde is.  Die voorlopige datum is dan vir die 3de Maart.
Om te weet is om te verstaan.

adele

Sterkte liewe Petra. Ek gaan ook binnekort, sou Maart 2020 gedoen moes wees, maar toe covid almal, so.... Iewers oor maand of 6 moet ek gaan reël vir my ander Knie, nadat een reeds 2019 vervang is en dis so goed.
adéle  :grommit:

PM

Ek hoor net hoe goed dit met almal gegaan het wat reeds die operasie gekry het.  My broer het laat verlede jaar sommer altwee kniee laat doen en hy sê hy moes dit laaaankal laat doen het. 
Deesdae doen die jong doktertjies sommer die operasie in die dagkliniek.  Vannaand gaan jy huistoe.  Ongelukkig moet ek eers die internis sien oor die hartversaking.  Ek sal dalk die nag moet oorslaap.  Voorkoming is beter as genesing. Ek sal maar die stappe volg.  Hard werk daarna om so gou as moontlik weer op die been te kom.
Is daar 'n bietjie raat wat jy my kant toe kan gooi?
Om te weet is om te verstaan.

adele

Hi, ek weet regtig nie van vervangings in dagklinieke nie. Knie-scope ja. Dis net ondersoek, maar vervangings is baie erg. En sorg en hulp is nodig. Daarna tuis ook, maar dit raak gou maklik.
Raad? Oefen oefen oefen en oefen.....
adéle  :grommit:

PM

Ek sien die internis die 24ste, maar met my vergrote hart glo ek nie dat ek sommer dieselfde dag kan huistoe gaan nie.  Ek sal die 24ste hoor wat gaan vir wat.  Moet eers x-strale van die  borskas gaan neem. 
Almal sê dat oefening die beste medisyne is. 
Om te weet is om te verstaan.