Author Topic: Wat sê 'n Ma  (Read 3823 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Wat sê 'n Ma
« on: March 21, 2013, 04:08:55 PM »
wat sê ‘n ma vandag
vir haar dogter?

ek knip jou vlerkie.
ek gee jou oor aan die lewe.
ek skenk jou die geluk van lewenswater.

maar ek sê ook aan jou my dogter,
die lewe blink nie net nie,
die lewe skitter nie heeldag nie,
die lewe bied nie net liefde elke dag nie.

die lewe het winde wat waai,
wat verwoesting saai.
daar is storms wat woed,
haelkorrels wat alles vernietig.
dwarrels wat alles deurmekaar waai.
misreën wat die sig belemmer

maar my kind,
as jou geloof sterk genoeg is,
kom die son weer op,
bring elke nuwe sonstraaltjie ‘n goue glinstering.
en daarby saam,
geluk en vrede.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #1 on: March 22, 2013, 04:27:30 AM »
Pragtig Ans. My vingers soek-soek na akkoorde op klawers terwyl ek lees!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #2 on: March 22, 2013, 07:30:50 AM »
Mooi Ans.
 kom die son weer op,
bring elke nuwe sonstraaltjie ‘n goue glinstering.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #3 on: March 22, 2013, 09:46:40 AM »
Ek gaan dit na drie verander dankie PM

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #4 on: March 22, 2013, 10:30:59 AM »
Skuus Ans, ek het nie bedoel jy moet dit verander nie.  Ek bedoel dit is mooi en so positief.  Ek het net jou woorde aangehaal in kursief. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #5 on: March 22, 2013, 04:04:07 PM »
Oooooooooooo ok.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #6 on: March 22, 2013, 04:05:26 PM »
Meraai miskien moet ons daardie een doen! Ek het dit geskryf maar nie eens agter gekom ons kan dit doen nie.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #7 on: April 25, 2013, 09:28:09 PM »
Dalk, dalk nie?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #8 on: April 26, 2013, 12:21:49 PM »
Nou het jy my vreeslik aan die wonder.  Dalk wat, dalk wat nie?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #9 on: April 27, 2013, 09:18:00 AM »
Die foto?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #10 on: April 27, 2013, 10:26:32 AM »
Dis 'n pragtige foto en 'n pragtige vrou.  Ek het die "dalk, dalk nie" in verband met die foto gelees en kon nie die kloutjie by die oor kry nie.  Vertel meer van die foto en die meisie daarin.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat sê 'n Ma
« Reply #11 on: April 27, 2013, 11:32:29 AM »
Hierdie foto is geneem net na haar man se motorfietsongeluk. Dit is my dogter. Baba is al nege maande oud, en ouma en oupa se oogappel