• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Groot Rivier

Started by Ans Botha, March 21, 2013, 03:43:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

druisend kom jy aangerol
rol en bruis jy oor veld
druk elke bossie plat

geen wal kan jou keer
aangevoer deur kragte
sterker as mense magte

elke oes neem jy weg
elke boom druk jy plat
elke pad vloei toe

neem jy mens en diere lewens
verwoes jy natuur en oes
laat jy mens verstom

jaag jy mens uit huis
vol vrees en angs
slaan hul op vlug

wanneer jy tot ruste kom
worstel mens deur
jou verwoesting taak

staar elkeen na die golfies
op tabak en groente land
veroorsaak deur jou
Groot  Marico


Ans Botha

Ek het groot geword op 'n plekkie Schuinsdrift het hulle dit daardie tyd gespel. Ons het onder die Groot Marico dam se wal gewoon teen die Groot Marico Rivier. En as daardie dam oorloop, kom daardie rivier af en die weermag maak huise skoon, dan klim ons op die stoor se dak en kyk hoe kom daardie rivier aangerol en die gedig vertel die res.

Meraai vannie Baai

Ken ons hier beelde in die land van Bloekoms van ook. Pragtig verbeeld Ans.

PM

Ek hoor en sien die bruin bruisende water massa, soos toe ek ook 'n kind was.  Goed geskryf Ans.
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha


Joe Daai Ou

Ja, niemand kon dit nog regkry om water se krag te meet nie! Hy maak sy eie krag deur alles uit die pad te veeg en te vernietig! Wind het ook daai geaardheid, vat nou maar die Orkane daar in die States! Hulle laat nie hulle rigting verander deur die mensehand nie! Ongelooflik om te besef hoe klein en nietig is ons as mens en tog oorleef ons die aanslae van die geweld monsters!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Ans Botha

Ek het groot respek vir die natuur Joe, ons het soms drie jaar in 'n ry hierdie oog beleef. Aan die een kant is dit so mooi, daardie gesuis van die water wat oppad is, aan die ander kant die hartseer, as die boer se mielies, koring, groente oes noem dit, voor sy oë weggevee word. Daar het ek geleer 'n mens speel nie met die natuur nie, jy respekteer hom, en jy luister na die boodskap wat hy vir jou stuur.

Ans Botha

Nou nie in vloed nie, maar dit is die Groot Marico Rivier soos ek hom ken. My ou foto's wat ek gehad het wil nie mooi scan nie, toe moes ek maar google, ek kan nie glo nie, nie een in vloed nie!

PM

Ansie, ek het dit na "groot Marico" toe verander en die titel dieselfde gehou.
Jy kan kyk daarna of jy die titel "Groot Marico" wil maak en dan die laaste versreël wil verander na "groot Marico rivier", 
Kom ons hoor ook wat sê die ander skrywers. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha