Author Topic: anderste vakansie 7  (Read 4128 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
anderste vakansie 7
« on: March 19, 2013, 03:35:41 AM »
7

Klaar geëet op Bothaville en weer pad gevat net na half 10 en besluit ons kyk maar waar oorval die sandmanne ons. Ons het gevorder tot so 30 km voor Hoopstad. Dit was 23h00 en Johan sê dis nou slaaptyd. Die lorrie het 2 slaapbanke in, een bo die ander en redlik smal, jy moet maar stil lê.
 Al die bagasie van die slaapbanke afgelaai en elkeen self sy plek ingeneem om te slaap. Teen ligafsit tyd net na 23h00 het daar 2 lorries vebry gery en dis laaste wat ekonthou. So teen 2 uur die oggend skrik ons al 2 saam wakker van ‘n lorrie wat verby ry en belsuit net daar, dis opstaantyd en rytyd. Eers draai loop maar sjoe dis nog kouer buite as wat dit in die lorrie kajuit was in slaaptyd.

So pak ons die pad huistoe aan en 3 uur op Hoopstad gooi ons 400 liter diesel in. die prys was nogal minder as R8 per liter. Goedkoopste wat ons op die rit gekry het.
Terwyl die diesel getap word gaan koop ons warm koffie vir Johan en hot chocklit vir my. Lanklaas iets warm so lekker gesmaak.

  



Klaar gedrink en die diesel word nog ingetap en net daar besluit ek om gou my hare te gaan was in die kleedkamer se wasbak. Johan het gedink ek is mal maar dis maar my manier daai, so gou as kan na opstaan eers hare was.

Toe is dit weer rytyd en volgende dorp is Chrisjan Trane soos Johan se pa vir Christiana genoem het.
Hier is die brug oor die Vaal rivier, die smal weg het ek hom gedoop.





So ry ons verder jan Kempdorp toe en 5 uur stuur ek sms: Kom kom kom staan op en roer jou jis, ons is oppad om te kom koffie drink.
Sal ek later hoor sy het opgetsaan, die kinders ut die bed gejaag om hulle skool broodjies te maak en sê maak gou die tyd is min ek moet koffie grootpad toe neem. Sal haar man kom vra wat gaan aan….dis dan nou net na 1 uur. Wonder of Juffrou so opgewonde was om ons te gaan sien.

Ons stop toe so 20 oor 5 in die hoofstraat en wag tot half 6 dat die koffie afelewer word. Die lorrie is te hoog en groot om in die sy strate in te draai, daar is bome wat gaan haak.

Hiers Johan en die Juffrou oor wie haar klas se kinders so opgewonde is. Juffrou het al selfs ‘n boek wat sy geskryf het.  






En ek en Juffrou en haar man




Ons het so liggies ontbyt ook gehad daar. Ek het van my vrou se besluit ingepak en dit was heerlik so vroeg oggend, kon darmaan die vrou ook dink.

So 10 oor 6 weer pad gevat suide toe en Bekey se perde pppuuurrr net hier onder ons. Gelukkig ry ons toe nie Chinatown toe nie.

So pak ons maar die pad, soms stil, elkeen met sy eie gedagtes en dan weer kry ons iets om te vertel.
So teen 9 uur die oggend in Kimberley aangekom. Sien daar voor by die verkeerslig klompie mense staan en eerste wat ek dink wat se staking of betoging is dit nou weer.
Hou stil by die rooilig en sal toe agterkom dis mense wat die Urugauy se span verwelkom. Die span word later die oggend verwag. Hoor ek later by die huis dat die span nooit opgedaag het agv vliegtuig vertragings en sal eers Maandag kom.




Die mense het by hele paar kruisings so gestaan. ‘n Hele verwelkom program is vir die span gereël.

Selfs die paaie is versier met betyds blomme geplant.



Mooi gelyk die blomme.


Suid van Komberly lê 850 km na ons huis toe en nog 80 vir Johan. Seker so 12 ure se reis.



Toe begin speel ek met die kamera en kyk wat kan ek afneem en doen wat die lang pad kan interessant maak.

Verskoon maar as die fotso nou almal min of meer dieselfde  lyk. Op verskillende verstellings geneem




So bietjie sepia fotos ook geneem.




En wit en swart met geel streep




En gewonder hoe sal rooi streep lyk





En of ek ‘n groen streep kan afneem.



Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anderste vakansie 7
« Reply #1 on: March 19, 2013, 04:42:40 AM »
Mens kan dees se dae ook nie meer glo wat jou oge sien nie LOL, geel-/groen-/pienk- en vaalgestreepte paaie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: anderste vakansie 7
« Reply #2 on: March 21, 2013, 02:03:01 PM »
Ek is nou goed gestreep na daai laaste paar foto's.   :angel4:

Daai trok is so groot, ek kan my Atos op die voorste sitplek tel!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.