• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

anderste vakansie 6

Started by AB, March 19, 2013, 03:34:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

6

Ons was nou by ons omdraai punt en kan weer nader aan die huis begin beweeg. Eers weer Chenturion toe om nog paar verfblikke op te laai en dan die pad slaan huistoe. Het Dinsdagoggend gehoop dat Donderdagaand  hierdie tyd al op jan Kempdorp kan wees, maar toe het die Delmas vrag se bestelling ook deurgekom. Dis maar die lewe van 'n lorriedrywer, weet nie waar jy vannad of môreaand slaap nie.

Het darm kwart oor 4 by die Spookhuis, of te wel Erasmuskasteel, verby gery. Toe ek in Pretoria skool gegaan het van 1970 tot 1973 het ons dikwels so ent weg van die kasteel, op die ou militere pad, verby gery en hom ander kant die vallei teen die skuinste in die veld sien  staan. Ek het probeer kyk of ek daai pad kan sien iewers maar die stad het hom ingesluk. Ek onthouook so min of meer in daardie omgewing het die vlieëndepiering "roadhouse" gestaan. Het 1 keer by hom melkskommel gedrink. Hyt seker weer opgestyg en weggevlieg van al ons probleme.

Die Erasmuskasteel is nou deel van die malligheid wat sommige beskawing (stad) noem terwyl ek dit onthou uit my jong dae as simbool van rustigheid daar ver in die veld.




Terug in die verkeermalligheid,  dis nou kwart oor 5 en ons het klaar gelaai in centurion en mik nou wes. Sal sien wat die nag oplewer ivm eet en slaap.





Sommige verkoop iets om geldtjie te maak. Sokker goed en vlaggies is nou die inding.




Almal oppad iewers heen



Die huise hou net nie op en en nuwes word gebou  by die hope, die RSA nasie ken van aanteel.











So teen 21h00 op Bothaville aangekom en die maag het al sulke draaie gemaak soos hy na kos smag. Die oggend se toebroodjie en midag se pastei langs die pad was al vergete.

Stop toe by die hotel en eet in die Spur, sjoe Spur kos was lanklaas so heerlik gewees.

Hier bel Johan vir Juffrou Gawie om te reel vir koffie die volgende oggend. Dis te ver na hulle toe om daar by hulle te slaap.


Meraai vannie Baai

Wonderlike voorreg om te kan deel in julle 'trip' Stoffel! Ek onthou hierdie koffiedrinksessie of dit gister gebeur het. Juffie hulle was altevol opgewonde en in die gees het ek saam gedrink en van vroulief se beskuit geniet!

Joe Daai Ou

Sjiiieee en die man warn my nie eens hy gaat fouster neem nie, ek is ongeskeer en vuil! Sou darem beter wou lyk in sulke grêndte geselskap!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

PM

#3
en daar mis ek dit skoon geheel en al in totaal!  Joe, ek hoop volgende keer is dit my beurt vir 'n koffietjie.  


moet net hoor wanneer Joe se ou weer die pad vat...... ABR
Om te weet is om te verstaan.