Author Topic: Droomvanger  (Read 2176 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Droomvanger
« on: March 18, 2013, 07:14:11 PM »
Buite rammel en blits die weer gevaarlik. Paul sit bene gevou op die mat, besig om die laaste droomvanger in watte toe te vou en in ‘n doos te verpak. Hy mis Elize baie, en wens sy kon hier saam met hom en die kinders gewees het. Sy was altyd besig om droomvangers te ontwerp en te vervaardig.
“Die weer is vanaand swaar,” sê Paul aan sy sestienjarige seun, wat oor die bank lê hang, besig om met sy vriende te kommunikeer via die verslawende mxit program. Wat ‘n tragedie, ‘n seun wat eers ‘n kranige rugbyspeler en natuurliefhebber was, het ontaard in ‘n mxit fobie.
Die bliksemstrale verlig die vertrek telkemale. Die wind ruk aan die gordyn, en die glas droomvanger speel ‘n delikate melodie in die vertrek.
“Ons sal die venster moet toemaak, netnou reën dit nog in ook,” sê Paul weer met die hoop dat Dewald hom die keer sal antwoord...., en eintlik het hy geweet dat sy hoop sal beskaam word.
Paul skrik wanneer die voordeurklokkie hard en skril begin lui. Hoopvol kyk hy in Dewald se rigting.
“Waar is Annel, is sy al terug?” vra Paul terwyl sy oë gly na waar haar boeke reeds op die klavier lê.
“Het pa haar nie sien inkom nie? Sy het haar boeke neergesit en kamer toe gesluip. Daardie meisiekind gaan nog met my te doen kry. Sy dink vandat sy die enigste meisiekind is sy kan maak soos sy wil. Maar ek het nuus vir haar,” antwoord Dewald.
Verbaas staar Paul vir Dewald aan. Anders as Dewald wat heeldag mxit, leer Annel hard vir haar matriekeindeksamen. Sy beoog om ‘n beurs te bekom om verder in musiek te gaan studeer.
“Dewald ons moet begrip toon aan haar. Sy pas net so moeilik aan soos ons. Ons verwerk dit elkeen maar op ons eie manier,” sê Paul ongeduldig.
Die deurklokkie lui weer hard en skril. Paul trek sy bene op om op te staan. Dit is duidelik dat Dewald hom nie gaan steur aan die gelui nie. Die wind ruk weer hard aan die gordyn en die droomvanger speel ‘n angstige melodie aan sy luisteraars. Paul dink hy sal die venster kom toemaak as hy die persoon by die deur afgesien het.
 “Wie sal dit nou vanaand in die gure weer buite waag?” vra Paul, maar eintlik dink hy dat dit ‘n smous is wat die een of ander onbruikbare artikel aan hom wil afsmeer.
“Seker weer een of ander simpel tannie wat eetgoed aandra,” antwoord Dewald ongeërg.
“Dewald praat ordentlik van die mense, hulle dink en doen net goed!” raas Paul met Dewald. “Ons moet dankbaar wees vir al die gawes wat ons ontvang,” gaan hy voort.
“Jammer pa,” sê Dewald en gaan voort met met sy foon of niks gebeur het nie.
Verskrik deins Paul terug as die weer ‘n boom voor die deur raak slaan wanneer hy die deur oopmaak. Angssweet pêrel op sy voorkop. Sy liggaam bewe. Spierwit tuur hy die nag in.
“Naand meneer. Kan ek asseblief in meneer se garage skuil tot die weer verby is?” vra ‘n klein vuil meisietjie hier voor hom.
Maar Paul hoor of sien niks raak nie. Sy gedagtes flits na daardie tragiese aand, ‘n jaar gelede. Hy het vroeër van die golfbaan af teruggekom as gewoonlik. Die weer was gevaarlik swaar,net soos vanaand. Die weer het aaneen gerammel en geblits. Hy het die kinders by hulle naskoolse aktiwiteite opgetel en huis toe gegaan. Elize het bekommerd by die voordeur vir hulle gewag met handdoeke om hulle mee af te droog. Met die gehaas na die voordeur het die motorsleutels uit sy hand geval. Hy wou omdraai om dit te gaan haal maar Elize het hom gekeer en uitgehardloop om dit te gaan optel. Die hemel het op daardie oomblik oopgeskeur. ‘n Bliksemstraal het deur die lug geklief. Elize het vooroor geval toe die weerligstraal haar noodlottig tref. Dit was ‘n aaklige gesig om te aanskou. Sy geliefde en ma van sy kinders.
“Asseblief meneer. Ek sal nie pla nie. Ek was te laat vir my bus. Ek het niemand om te bel om my te kom haal nie. Ek is baie bang en alleen. Ek het verlede jaar my ouers in ‘n vliegongeluk verloor. En meneer kan sien ek kan nie sien nie. Ek het my oë in ‘n gasontploffing verloor” Pleit die meisie by Paul.
'n Naar, kol kom lê op Paul se maag as hy nou vir die eerste keer afkyk en die meisie se lewelose oë sien. ‘n Aaklige letsel lê oor haar wang wat waarskynlik veroorsaak is deur die ontploffing.
Die deur slaan dawerend voor hom toe. Agter hom hoor hy hoe die droomvanger op die teëlvloer in skerwe spat. Op daardie oomblik het Dewald in beweging gekom en skor geskree, terwyl hy die droomvanger probeer red. Maar hy is te laat. Hierdie droomvanger sal nooit weer sy melodie aan sy huismense speel nie.
“Neeeee.... maaaa....,” skree Dewald terwyl hy oor die skerwe kniel. Hy is bleek, sy liggaam bewe, trane loop vrylik oor sy wange.  Sy foon lê nou vergete eenkant op die vloer.
“Wat dink pa doen pa?” praat Annel nou hard met Paul.
Paul gaap vir Annel ongelowig aan. Hy kry nie ‘n woord uit nie. Die meisie se klein vuil gesiggie is vasgepen in sy geestesoog. Hoe gebeur dit dat met een mens soveel dinge kan verkeerd loop, wonder hy.
Dewald storm snikkend by hulle verby kamer toe, met die skerwe van die droomvanger nou in watte toegevou.
“Los die meisiekind uit pa!,” pleit Annel by haar pa.
Geboë draai Paul om en stap kombuis toe waar die garage se remote altyd lê. By die linnekas aarsel hy ‘n oomblik, haal ‘n kombers uit. Die arme kind gaan koud kry in die garage.
“Pa, ek glo dit nie! Gaan pa nou regtig die meisie help? Los haar pa! Sy kan na haarself omsien, sy doen dit al die afgelope jaar al, sy kan dit nou weer doen, ” smeek Annel by Paul.
“My kind, hoe kan ‘n mens na jouself kyk as jy dan nie eens oë het om te sien nie?” vra Paul vir Annel. “Hier, gaan wys vir die meisie waar die bed in die garage is, en gee vir haar die kombers. Dit kan koud daar raak as dit reën,” beveel Paul nou vir Annel.
Verontwaardig draai Annel om en stap by die voordeur uit, om die meisie te gaan help. Angstig luister Paul wat Annel nou vir die meisie gaan sê. Hy hoop nie sy gaan lelik wees met die kind nie.
“Kom gee my jou hand sodat ek jou wys waar die garage is. Hier is ‘n bed waarop jy kan slaap. Ek het vir jou ‘n kombers gebring, dit kan maar koud hier raak as dit reën. Jy kan maar hier slaap tot more en dan huis toe gaan. Ek sal netnou vir jou sop en brood bring. Jy moet maar net sê as ...,’ babbel Annel voort.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Droomvanger
« Reply #1 on: March 18, 2013, 07:26:04 PM »
nie 'n volledige verhaal nie, lees die andeer een

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Droomvanger
« Reply #2 on: March 19, 2013, 05:11:26 AM »
Ek het gelees Ans, en die verhaal het my geboei - gaan nou verder lees

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Droomvanger
« Reply #3 on: March 19, 2013, 08:47:42 AM »
Oeps!  Skuus mater, ek doen gou die res. 
Om te weet is om te verstaan.