• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tussen-in-Trio Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, March 14, 2013, 03:00:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Uit ons vorige woordskuur: Posted Januarie 25th, 2009 by Meraai vannie baai.

Die reëls vir my 'tussen-in-trio struktuur' is eenvoudig:
* Jou gedig moet bestaan uit drie verse van vier reëls elk.

* Verse 1 en 3 se eerste drie reëls is dieselfde.

* Die titel is die derde reël van vers 1 en 3.

* Die middelste vers is 'n samevatting/uiteensetting van die onderwerp
en hierdie vers moet 'n rymvorm bevat.

Tussen in ...

En dit was aand
en dit was môre
tussen in ...
was daar vier seisoene;

pyn van baringsnood
baie vol ure.
(On)vervulde drome
en die dood.

En dit was aand
en dit was môre
tussen in ...
was ons lewe tussen vier mure.
© Meraai vannie baai


Hier is Oumatjie se weergawe van hierdie gedig-struktuur. Ek hou van die manier waarop sy verse 1 en 3 (i.p.v net die eerste drie reels dieselfde te maak) die hele vers herhaal het. Dit werk perfek met haar tema en titel!

Oumatjie: Maak 'n foto

Verf met fyn kwashale
lig oor jou gesig.
Maak 'n foto,
van 'n oomblik se onthou...

Hierdie is jou sterwensuur -
weg is al jou vuur.
Maar jou lewensdrif,
tog nog altyd in my geheue gegrif...

Verf met fyn kwashale
lig oor jou gesig.
Maak 'n foto,
van 'n oomblik se onthou...
© Oumatjie

SueEe: Alles so onnodig vergete

Jou ou woordkulkunstenaar
vanuit jou verslonse gewete
alles so onnodig vergete
behalwe dié wat nog onhou

Vertel my; Wie hou agter
jou woorde die mag?
Gebruik jou verdoemde woorde sagter
en versteek die ontsettende krag

Jou ou woordkulkunstenaar
vanuit jou verslonse gewete
alles so onnodig vergete
behalwe dié wat nog veg, verbete

© SueEè


PM

Dankie Raaitjie.  Hier is baie werk wat kan boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoop ons kry nog voorbeelde mater!

PM

Oeps!  Dink jy hier is iemand wat die uitdaging sal aanvaar of dink jy ek moet die voorbeeld
stel?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het gou probeer.  Sal later 'n regte voorbeeld skryf.  Toe na-aap ek vir Oumatjie. 
Dit is regtig maklik ouens, kom probeer!

Jy is my siel

ek lief jou soggens
ek lief jou saans
jy is my siel
sonder jou sal ek nie lewe nie

my rots
my staf
my lig
my lied

ek lief jou soggens
ek lief jou saans
jy is my siel
sonder jou sal ek nie lewe nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Altyd 'n voorbeeld vir ons! Jy is dierbaar verby. Ek lief dit!!  :hello2: