• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

*5-2-4 Anku

Started by Meraai vannie Baai, March 14, 2013, 02:32:52 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*uit ons vorige woordskuur: Posted Februarie 24th, 2009 by Meraai vannie baai

Hierdie gedigte is geskoei op Grevilman (Andre) se 'gestroopte haiku' aldus 'Anku' en is 'n kreatiewe skryfstyl om lang gedagtes bondig te skryf. Die lettergreeptelling is 5-2-4.

Trapsoetjie:
Dorre landskap in
my keel,
stem weggeneem!

-------

Krakerige klank
wrang stank
breuk deur na klag

------

Somer sonskyn deur
liefde
hartsake blom

---------

Winters reën spoel weg
weemoed
bring bitter soet.
©

*************************

Adele:
poolse ysbreker
skipper
breek seemanstaal

'''''''''''''''''''''''''''''''''''''''''
suggestie val neer
greineer
sielsontnugter

''''''''''''''''''''''''''''''''''''''
op die toonladder
kwintet
bagatelle
©

[bagatelle kan ook beteken:musiek in ligte style]

Piet Magriet:
Grassnyerlemme
weerklink
tot groot geraas.

------

Brandweersirene
gil jil!
Vlamme omvou!

-------

Middagson brand hoog,
priem fel!
Fiesta tyd!

------

Skink 'n doppie daar!
Dis tyd
vir groot jolyt!
©


PM

Altyd 'n voorreg om weer ougoed nuwegoed te maak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.