• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons skarlaken koors!

Started by Trapsoetjie, May 24, 2011, 02:52:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Trapsoetjie

Ons skarlaken koors!

Jou oë staar skarlaken
Deurboor jy die skare
Skatkis vol graniet
Word ons saam gegiet

Begin ons skattejag.
Soos prooi verag,
jagters se mag.
Stemme raak sag.

Verwoesting, verwarring
valse verwelkoming,
wat ons algaar omring,
op ons aandring.

Dan breek die vulkaan,
wanneer jou hande my gesig omraam.
Geluk, vry, volkome voldaan,
vleg ons vreugde saam.

©  :angel12:

Naas

Ou Trappies... Jy mag maar.  :notworthy:
Maar ek is bevrees my ogies is net skarlaken die oggend na 'n goeie gefuif.  :hello2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Pampoenpitte!  Ek is veral mal oor jou laaste strofe!  Dit is puik Trappies. 

Ek moet sê, die kleur waarin jy die gedig geskryf het is baie toepaslik. 
Om te weet is om te verstaan.